Afrikaans boeke
Digbundels

NB Uitgewers – Gee vir jou geliefde ’n digbundel.

Gee vir jou geliefde ’n digbundel. In die maand van die liefde fokus NB-Uitgewers op liefdesgedigte van vier bekende Afrikaanse digters, Bibi Slippers, Tom Dreyer, Pieter Odendaal en Antjie Krog. Lees net hoe mooi verwoord hulle die liefde en verlange. Kyk ook gerus op NB Uitgewers se webblad vir hulle…

Lees meer

Dis mos nou Afrikaans! Studiegids vir EAT-leerders en onderwysers.

ʼn Uitstekende studiegids, gemik op leerders wat Afrikaans as eerste addisionele taal bestudeer, het pas by NB-Uitgewers verskyn. Dis mos nou Afrikaans!, deur Henriette Turner en Suneen Laing, neem jou op ʼn reis vanaf graad 8 tot graad 12 en help jou om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester en…

Lees meer
Jaco Jacobs

Jaco Jacobs se Die meisie met vlerke vlieg besonder hoog

Skrywer: Alita Steenkamp Nog een van Jaco Jacobs se jeugverhale gaan in Nederlands vertaal word. Pan Macmillan het onlangs aangekondig dat Jaco se boek, Die meisie met vlerke, deur Uitgeverij Ploegsma in Nederlands uitgegee gaan word. Die boek is deur Kobus Geldenhuys as The girl with wings in Engels vertaal.…

Lees meer
Woordeboek

Die nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek – ’n moet vir leerders.

Skrywer: Alita Steenkamp “’n Alles-in-een-naslaanbron” – so beskryf Joan Hambidge die nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek wat by Pharos verskyn het in haar resensie op Netwerk 24. Die woordeboek het meer as 50 000 trefwoorde, uitdrukkings, frases, idiome en spreekwoorde. Hier sal jy ook homonieme, homofone, antonieme, sinonieme, intensiewe vorme, vaste uitdrukkings,…

Lees meer
NB Boeke

NB-Uitgewers se boekekeur vir November het iets vir almal.

In hierdie boekekeur kan lesers hul verlekker in alles en nog wat. Daar is fiksie, niefiksie, ‘n kookboek en selfs boeke vir die jeug en jongspan. Kyk gerus op NB Uitgewers se webblad vir hulle puik aanbod. JY KAN WEN! Een gelukkige leser staan die kans om weg te stap…

Lees meer

Kirby van der Merwe skryf twee kykNET-Rapport-boekpryse los

PERSVERKLARING 22 September 2023 Die skrywer, vertaler, visuele kunstenaar en joernalis Kirby van der Merwe het twee kykNET-Rapport-boekpryse losgeskryf met sy lang verwagte tweede roman, Eugene. Van der Merwe is Saterdagaand 23 September 2023 op ’n funksie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad aangewys as vanjaar se wenner van sowel…

Lees meer
ATKV-Woordveertjies

ATKV-Woordveertjies vier kreatiwiteit

Skrywer: Persverklaring Dit is weer daardie tyd van die jaar – die ATKV vier skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn…

Lees meer

Alles en nog wat oor van ons grootste rugbylegendes.

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt As daar nou een sportsoort is wat Suid-Afrikaners se verbeelding aangryp en harte raak, is dit rugby, en veral Springbokrugby. Dit is ook so dat ondersteuners nie doekies omdraai wanneer dit kom by kritiek op die spelers, afrigters of skeidsregter nie, maar al gaan dit broekskeur,…

Lees meer

Innibos Boekenaweek

Skrywer: Alita Steenkamp ʼn Splinternuwe boekefees skop hierdie naweek af. As jy nog nooit die volmaan bo oor die rotse van Kaapsehoop sien uitrys het in al haar glorie nie, moet jy nie hierdie geleentheid hierdie naweek misloop nie. Vanaf Vrydag 1 tot Sondag 3 September word daar boeke gelees,…

Lees meer