Is jy een van hierdie mense, Prinses?
Dit is nou daardie tyd van die jaar. Elke dogtertjie (se ma) droom al van kleintyd af oor een van die grootste aande van haar lewe: matriekafskeid. Kom ons wees nou eerlik. Dis eintlik net ’n skuurskoffel in Brakpan se skoolsaal. Die LO-juffrou het haar sitkamergordyne geskenk vir die tafeldoeke…