Afrikaans blogs
Anja van den Berg

Van drukkies en soentjies kom kousies en skoentjies…

Skrywer: Anja van den Berg Nee man, sê my vriendin oor die foon, jy overthink dit. Dis ’n aanvoeling, ’n instink. Jy doen goed. Ek vat ’n groot sluk wyn. Wat drink jy? vra sy. Rooibostee, sê ek. Die eetkamertafel lê vol leë bababottels en piepklein frokkies. Die inhoud van…

Lees meer

Net nie nóg ’n kombuistee nie …

Skrywer: Nicolette Kritzinger Fotograaf: Gizela Conradie. Jy lyk soos ’n polonie. Ingeprop in die styfste skakering van pienk wat Mr Price aanhou. Dis nou eers kwart voor nege en die skoonma het die toekomstige bruid al drie keer “vet” genoem, twee partytjiefrikkadelle is al oor die vertrek geslinger en iemand…

Lees meer
Nicolette Kritzinger

Wat was jou ervaring in die stemry? Hier is myne.

Skrywer: Nicolette Kritzinger Dit is ‘n fantastiese idee, dink ek. Om reeds ses-uur die oggend by die stembus te wees in my vlyendste sweetpakbroek, sodat ek vinnig my merkie kan maak en dan my duim kan gaan swaai vir ‘n gratis koffie by Wimpy. En dit wás ‘n fantastiese idee.…

Lees meer

Dis Moedertaalmaand én liefdesmaand

Skrywer: Jana Terblanche, onderwysspesialis, Skoleondersteuningsentrum (SOS) Wanneer ek aan Afrikaans, my moedertaal, dink, dink ek vér terug, en die eerste waarneming van hoe mooi beskrywend ons taal is, was ’n opmerking van my niggietjie (destyds 4 jaar oud) wat gesê het: “my koppie is morsvol” – só raakvat-mooi gesê! Dít…

Lees meer
Jellieslaai

Daar is iets waaroor ons moet praat

Skrywer: Nicolette Kritzinger Daar is sekere blywende tradisies wat oor die jare saam met geleenthede soos Kersfees, Nuwejaar of sommer net by ’n braai hul opwagting maak. Een hiervan is byvoorbeeld die kontroversiële trifle, of die meer wulpse benaming “koekstruif”. Baie mense het al oor die jare tot die besef…

Lees meer
Vlog - Familie wegBREEK

Afrikaans.com-blog: Weer tyd vir jou familie-wegBREEK?

Dis nou daardie tyd van die jaar. Jou brein het gekrimp tot die grootte van ’n babarosyntjie en die laaste goeie voorstel wat jy gehad het hierdie jaar is dat jou werksplek ’n hond moet kry sodat jy hom tydens lunch kan vryf. Jy is op hierdie stadium net seker oor een…

Lees meer
Wie is jy op sosiale media?

Wie is jy op sosiale media?

Jou duimvinger is al rou van al die scroll. Jy wou net vinnig kyk waarmee jou eks hom deesdae op Facebook besig hou. Nou is dit al tweeuur die oggend en jy het sy tannie se aangetroude nefie se verlore Jack Russel opgespoor. Hy is iewers in die Oos-Rand. “Ek hou…

Lees meer
Nicolette blog-studeer

Wie was jy op universiteit?

Uiteindelik is dit sulke tyd: Jou ma haal nie meer so hard asem in jou nek nie. Jy kan uiteindelik hemde dra wat daai onwettige naeltjiering (wat jy skelm in graad 9 gekry het) ten toon stel en niemand weet as jy jou boekegeld vir iets ’n bietjie meer alkoholies…

Lees meer
Wie is jy agter die stuurwiel?

Wie is jy agter die stuurwiel?

Jou motor is jou veilige plek. Dis waar jy kan smul aan daai roomdoughnut wat jou vrou en Tim Noakes jou verbied het om te eet. Waar jy jou kommin Afrikaanse sokkietreffers op 5 000 desibels kan pomp sonder enige oordeel. Maar jy is verkeerd. Die verkeer sien ALLES. Watter een…

Lees meer
Is jy een van hierdie mense, Prinses?

Is jy een van hierdie mense, Prinses?

Dit is nou daardie tyd van die jaar. Elke dogtertjie (se ma) droom al van kleintyd af oor een van die grootste aande van haar lewe: matriekafskeid. Kom ons wees nou eerlik. Dis eintlik net ’n skuurskoffel in Brakpan se skoolsaal. Die LO-juffrou het haar sitkamergordyne geskenk vir die tafeldoeke…

Lees meer