Afrikaans blogs

Die gort is gaar

Skrywer: Anja van den Berg   My teenstander gebruik toenemend meer onetiese taktieke – ek het op goeie gesag verneem om geen genade te verwag nie. Hierdie opponent is nie ’n katjie om sonder handskoene aan te pak nie. Ek staan terug en neem die Kiba-dachi-posisie in. Dit gaan ’n kombinasie…

Lees meer
Nicolette Kritzinger

Moenie vir my sê jy gaan Hartenbos toe vir die vakansie nie!

Skrywer: Nicolette Kritzinger Dis weer daardie tyd van die jaar. Die hele Gauteng en Vrystaat is leeg. Almal is op pad Hartenbos toe. Die pienk opblaasflamink, twee strandsambrele en ’n koelerboks met ’n pakkie ham wat oor drie dae benoud gaan begin ruik, is in. So ook die family size…

Lees meer
Anja van den Berg

Welkom by Skuldgevoel FM!

Skrywer: Anja van den Berg Die steke was nog vars toe die vervloekte gawe soos ‘n vuurtong op my neerdaal.   Toe die portier my so skuins voor sesuur die oggend ingestoot het, kon ek nog net die tjing-tjing-tjing van die bed se wieletjies hoor. Toe begin die piep-piep-piep van…

Lees meer
Nicolette Kritzinger

Ek het eers onlangs besef ek is kommin

Skrywer: Nicolette Kritzinger Ek het eers onlangs besef ek is kommin. Vir party mense kom die openbaring reeds vroeg in hul lewe. As jy jou in die voorste ry van ’n Steve Hofmeyr Toeka-tot-Nou-konsert bevind, as jy kaalvoet in die mall loop, of as jy maak asof jy verjaar sodat…

Lees meer
Nicolette Kritzinger

Is jy nog steeds enkellopend?

Skrywer: Nicolette Kritzinger Foto’s: Gizela Conradie Mense praat nie oor die trauma van jou 20’s nie. Nee, om die waarheid te sê, ons sien uit daarna. “Ek kan nie wag om skool klaar te maak nie, dan gaan ek – ” Die openbaring kom skielik. Een oggend maak jy jou…

Lees meer
Anja van den Berg

Van drukkies en soentjies kom kousies en skoentjies…

Skrywer: Anja van den Berg Nee man, sê my vriendin oor die foon, jy overthink dit. Dis ’n aanvoeling, ’n instink. Jy doen goed. Ek vat ’n groot sluk wyn. Wat drink jy? vra sy. Rooibostee, sê ek. Die eetkamertafel lê vol leë bababottels en piepklein frokkies. Die inhoud van…

Lees meer

Net nie nóg ’n kombuistee nie …

Skrywer: Nicolette Kritzinger Fotograaf: Gizela Conradie. Jy lyk soos ’n polonie. Ingeprop in die styfste skakering van pienk wat Mr Price aanhou. Dis nou eers kwart voor nege en die skoonma het die toekomstige bruid al drie keer “vet” genoem, twee partytjiefrikkadelle is al oor die vertrek geslinger en iemand…

Lees meer
Nicolette Kritzinger

Wat was jou ervaring in die stemry? Hier is myne.

Skrywer: Nicolette Kritzinger Dit is ‘n fantastiese idee, dink ek. Om reeds ses-uur die oggend by die stembus te wees in my vlyendste sweetpakbroek, sodat ek vinnig my merkie kan maak en dan my duim kan gaan swaai vir ‘n gratis koffie by Wimpy. En dit wás ‘n fantastiese idee.…

Lees meer

Dis Moedertaalmaand én liefdesmaand

Skrywer: Jana Terblanche, onderwysspesialis, Skoleondersteuningsentrum (SOS) Wanneer ek aan Afrikaans, my moedertaal, dink, dink ek vér terug, en die eerste waarneming van hoe mooi beskrywend ons taal is, was ’n opmerking van my niggietjie (destyds 4 jaar oud) wat gesê het: “my koppie is morsvol” – só raakvat-mooi gesê! Dít…

Lees meer
Jellieslaai

Daar is iets waaroor ons moet praat

Skrywer: Nicolette Kritzinger Daar is sekere blywende tradisies wat oor die jare saam met geleenthede soos Kersfees, Nuwejaar of sommer net by ’n braai hul opwagting maak. Een hiervan is byvoorbeeld die kontroversiële trifle, of die meer wulpse benaming “koekstruif”. Baie mense het al oor die jare tot die besef…

Lees meer