Voorskoolse leerhulpfokus

Afrikaans.com se voorskoolse leerhulpfokus maak dit makliker vir ouers  wat hul kinders wil help om die groot skool met ‘n glimlag aan te durf.  Afrikaans.com is dié plek waar jy kan aanklop vir hulp. Een manier is om jou kind se selfvertroue te bou, seker te maak jou kind kry genoeg oefening en stimulasie en om speel-speel ’n liefde vir leer en lees te kweek. Afrikaans.com se leerhulp-afdeling gee lekker wenke in die verband. Gaan kyk gerus hier.

Ons lig so ’n paar nuttige opvoedkundige toepassings en webtuistes uit wat kan help om jou voorskoolse kind speel-speel skoolgereed te maak, maar lees gerus deur die res van die webtuiste.

Wenk: Leer jou voorskoolse kind om maklik ’n pen vas te hou

Hierdie wenk word wyd op sosiale media gedeel. Vou ’n sneesdoekie in die helfte. Laat jou kind dit tussen sy/haar pinkie en ringvinger vasknyp. Kyk hier …

Leer is pret

Die gebruik van slimfone en tablette is ’n netelige saak omdat veral voorskoolse kinders en kleuters se tegnologiegebruik streng gemonitor moet word en kinders jonger as twee glad nie aan die toestelle blootgestel  behoort te word nie. Ons leef egter in ’n era waar ons kinders tegnologie saam met moedersmelk inkry en daarom is dit noodsaaklik om ’n goue middeweg te vind. Hou by die aanbevole riglyne en jou voorskoolse kind kan meer baat as kwaad vind by kort sessies van “nie langer as 20 minute drie keer per dag nie”.

Toeps (gaan loer by Google of Apple Store) en webtuistes vir kleuters met oulike animasie, kleure en illustrasies is nie net pret nie, maar ook opvoedkundig en leer jou kind die basiese voorskoolse vaardighede:

Afrikaans 123, Afrikaans ABC en Afrikaans Vorms en kleure: Syfers, letters en klanke word met behulp van legkaarte en geheuespeletjies geleer.

My Pretplaas: Vir die onder 7’s en bestaan uit speletjies, saamleesstories en saamsingliedjies.

Bazoo: Oulike stories en aktiwiteite vir kleuters vir die ontwikkeling van noodsaaklike vaardighede.

Kinderwerf: ’n Afrikaanse opvoedkundige webtuiste wat unieke produkte aan ouers en skole verkoop. Daar is heelwat gratis drukstukke te kry.

Practica: Meer as 4000 speletjies en aktiwiteite om saam met jou kind te doen (baba tot 7). Die speletjies is deur kenners saamgestel en fokus op al 50 vaardighede wat ’n kind vir skoolgereedheid nodig het.

Smart Gecko: ’n Afrikaanse toepassing met fonetiese alfabetklanke, dubbelklanke en drieklanke.

Kleuters.co.za: Aktiwiteitsboekies spesifiek ontwerp om kinders te help om hulle vaardighede te ontwikkel.

Lees ook:

Tegnologie in die klaskamer. Klik hier

Kweek ’n liefde vir lees. Klik hier

Speel bordspeletjies saam met jou kind. Klik hier

Tegnologieblootstelling vir my kind. Klik hier

Tegnologie en my kind: Wenke vir balans. Klik hier

Interessant:

‘n M-verhandeling: “Die bevordering van vroegtydige geletterdheid  (‘emergent literacy’) d.m.v. multimedia as voorbereiding vir aanvangslees en om leesvermoë, -begrip en -vlotheid te verseker” deur SGE Marais. Hieruit blyk dit dat dit “noodsaaklik is om gereeld stories, rympies en liedjies voor te lees en te sing, want dis waar die mondelinge taalvaardighede en fonologiese bewustheid ontwikkel”. Klik hier