fbpx

[Video] Dis te verstane …

Die stelling van Pythagoras en kie

Gideon Gribenow se YouTube-kanaal, Dis te verstane, het waardevolle inhoud waarmee jy Wiskunde op ‘n visuele en praktiese vlak kan verstaan.

Gideon het in 2006 sy doktorsgraad in Finansiële Risikobestuur aan die NWU verwerf, was ‘n lektor en het toe gespesialiseer in kredietrisiko by onderskeie banke waarna hy sy eie konsultasiemaatskappy gestig het.

Hy is nog altyd iemand wat belangstel hoekom dinge uit allerhande lewensrigtings werk en het ‘n groot belangstelling in rekenaartegnologie. As ‘n stokperdjie span hy sy kennis in om opvoedkundige video’s te maak en hy wil mense se lewens voller en makliker maak deur moeilike konsepte op ‘n eenvoudige manier te verduidelik.

Kyk hoe verduidelik hy die Stelling van Pythagoras hier:

Nog onderwerpe

Wil jy weet hoe werk die Cos Reël of grafieke verstaan? Hierdie is die kanaal vir jou!

Kyk hier hoe verduidelik Gideon die “Dans tussen die son en die aarde”.

Optel, Aftrek, Maal en Deel in Dimensies

Jy kan hier op sy YouTube-kanaal inteken.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.