Talewet-1

Talewet – Die wet op die gebruik van AMPTELIKE TALE


Afrikaans.com Talewet
HOEKOM ‘N WET VIR TAAL

Die wet het tot stand gekom omdat die Grondwet van Suid-Afrika:

  • Vereis dat die gebruik van amptelike tale bevorder word en die amptelike tale gelyk en billik behandel word.
  • Voorsiening maak vir 11 amptelike tale van Suid-Afrika.
  • Vereis dat die Staat prakties en daadwerklik die status van inheemse tale verhoog en hul gebruik bevorder.
  • Vereis dat die nasionale regering sy gebruik van amptelike tale moet reël en moniteer.

Afrikaans.com Talewet
SUID-AFRIKA HET 11 AMPTELIKE LANDSTALE:

Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, Isindebele, Isixhosa en Isizulu.


Afrikaans.com Talewet
OOGMERKE VAN DIE WET
  • Reguleer en moniteer die gebruik van amptelike tale deur die nasionale regering.
  • Bevorder die billike behandeling van die amptelike tale.
  • Vergemaklik billike toegang tot dienste en inligting van die nasionale regering.
  • Bevorder goeie taalbestuur deur die nasionale regering vir doeltreffende staatsdiensadministrasie.

Afrikaans.com Talewet
TOEPASSING VAN DIE WET

Hierdie wet is van toepassing op nasionale departemente, nasionale openbare instellings en nasionale openbare ondernemings.


Afrikaans.com Talewet
‘N TAALBELEID MOET
  • Ten minste drie amptelike tale identifiseer wat vir regeringsdoeleindes gebruik sal word.
  • Bepaal hoe amptelike tale gebruik sal word om, onder andere, doeltreffend met die publiek te kommunikeer.
  • Aandui hoe met lede van die publiek gekommunikeer word wie se taal van keuse nie een van die drie amptelike tale is nie of Suid-Afrikaanse Gebaretaal is.
  • Aandui hoe lede van die publiek toegang tot die taalbeleid kan hê.
  • ʼn Klagtemeganisme daarstel sodat lede van die publiek klagtes kan indien aangaande die gebruik van amptelike tale deur ʼn nasionale departement, nasionale openbare instelling of nasionale openbare onderneming.

Afrikaans.com Talewet
WAAR STAAN ONS

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), in samewerking met die Departement Linguistiek (UJ), die ATKV en die SA Vertalersinstituut, monitor die taalbeleidontwikkelingsproses van staatsdepartemente en openbare entiteite volgens die bepalings van die Wet op Gebruik van Amptelike Tale (2012).

Hiervolgens moet:

  • Elke nasionale departement, nasionale openbare entiteit en nasionale openbare onderneming ‘n taalbeleid oor sy gebruik van amptelike tale aanneem.
  • Elke nasionale departement moet drie amptelike tale identifiseer wat die nasionale departement, nasionale openbare entiteit of nasionale openbare onderneming vir regeringsdoeleindes sal gebruik.

Afrikaans.com Talewet
IS ONS OP KOERS?

Die keerdatum vir die indiening van konseptaalbeleide was 2 Mei 2015. Sowat 42 konseptaalbeleide wat in die Staatskoerant gepubliseer is, is geanaliseer en waar moontlik is kommentaar by die betrokke departement of openbare entiteit ingedien. Slegs een entiteit, die Kantoor van die Belastingombudsman, het die ATR uitgenooi om hul kommentaar te bepreek.

Aantal staatsdepartemente, openbare entiteite en ondernemings

Aantal staatsdepartemente, openbare entiteite en ondernemings wat taalbeleide ingedien het