Storiekadorie: Gedoriewaar …

Nuttige tegnologiese hulpbronne vir jou kleuter en laerskoolkind

Storiekadorie is ’n oulike nuwe webtuiste waar ouers leerhulpbronne en riglyne kan vind sodat hulle hul kinders op ’n konstruktiewe en veilige manier kan blootstel aan tegnologiese hulpbronne. Dit sluit in: luisterstories, videostories, rekenaarspeletjies en toeps. Die teikengroep is tans kleuters en laerskoolkinders.

Gratis goeters

Min dinge is deesdae verniet, maar een van die afdelings op die webtuiste (Gratis Goeters) bied gratis toeps, luister- en videostories, videoliedjies, wiskunde-rekenaarspeletjies en e-boeke aan.

Anna Emm-stories

Die Anna Emm-stories is uitstekend. Nou kan jy die volledige katalogus op storiekadorie aflaai om die oulike stories te bestel.

Gratis luisterstorie: Die Lelikste Dier in die Hele Wêreld (Hierdie voorlesing van die boek, Die Lelikste Dier in die Hele Wêreld (deur Jenny Robson), is gratis beskikbaar gestel deur Ukufunda in samewerking met Grahamstown Friends of the Library.

Lees die opsomming en luister hier.

Gaan loer gerus by Storiekadorie

Vir nog leerhulpbronne, gaan kyk by Afrikaans.com se Leerhulp-en onderrig-afdeling, klik op die afdeling van jou keuse.