Afrikaans.com Leerhulp

Stegosaurus Learning bied ‘n verskeidenheid gratis Afrikaanse opvoedkundige video’s vir kleuters en skoolgaande kinders in die grondslagfase (graad 1 tot 3).  Hul video’s kan jou kind help  om onderwerpe soos letter- en klankleer, letterskryf, vorms, kleure, en getalle prakties en interaktief te leer. Onthou om in te teken op hul Youtube-kanaal om eerste in kennis gestel te word van nuwe inhoud. Besoek ook hul webtuiste om gratis materiaal wat die videoreekse hieronder vergesel, af te laai.

Hierdie videoreekse is met vergunning van Stegosaurus Learning op Afrikaans.com geplaas ter bevordering van die Afrikaanse taal.

 

Leer die alfabet

Gebruik hierdie video’s om die alfabet vir jou kind te leer. Hierdie video’s fokus op kleinletters. Vir die werksvelle, klik hier.

Vorms en kleure

Hierdie video’s help met die leer van vorms en kleure.

Leer lees

Hierdie video’s help met die ontwikkeling van leesbegrip.

Getalle

Gebruik hierdie video’s as inleiding tot getalle leer saam met jou kind of klas.

Algemene Leer

Hierdie video’s handel oor verskillende onderwerpe. Gebruik en geniet!