fbpx

Woema vir jou klas – gratis hulp vir onnies

Afrikaans is nie jou leerders of kind se huistaal of moedertaal nie, maar ’n vereiste in ons skole. Om ’n tweede taal te leer, is nie altyd maklik nie en onderwysers is voortdurend op soek na lekker en tienervriendelike lesmateriaal. Woemaboeke is die antwoord.

Woemaboeke sal jou klas laat kwetter en klets … in Afrikaans

Hierdie reeks praktiese en kreatiewe werkboeke vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) is KABV-gerig, van ’n hoë standaard en beskikbaar van graad 4 tot 12. Die hele jaar se lesmateriaal word gedek. Dit sluit in: teorie, reëls en taalstrukture, begripstoetse, praat- en skryfopdragte, taaloefeninge, poësie-opdragte (graad 6 – 11), hersiening en woordeskat.

Temas is kreatief en sal beslis tieners se verbeelding prikkel. Daar is ook pretafdelings om ’n positiewe gesindheid teenoor Afrikaans EAT te kweek.

  • Vir Woema se webtuiste, klik hier
  • Onderwysers kan op Woema se webtuiste gaan loer vir gratis, addisionele lesmateriaal. Klik hier

Vir bestellings:

Stuur ‘n e-pos aan info@woemaboeke.com of vul die kontakvorm op Woema se webtuiste in. Of skakel die span by 0860 995 100. Daar is ook ’n lys van verskaffers in die meeste groot sentra op die webtuiste beskikbaar.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.