Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het ’n projek geloods waar hulle verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika besoek het om die storie agter die storie te hoor. Hulle gesels met mense vanuit alle uithoeke van ons land en praat saam oor hul geskiedenis. Kyk gerus saam!

SUID-KALAHARI STORIES
’n Besoek aan die Kalahari ontsluit verhale en belewenisse van vervloë dae, soos ingebed deur vertellings van die Boesmans as deel van ons Vroeë Mense in hierdie streek.
DIE GRIEKWA IS NOG
Die verhale en belewenisse van die Griekwa-volk in beide Kranshoek en Griekwastad/Campbell gee ’n blik op die geskiedenis en ryk kultuurerfenis van hierdie groep as ʼn Eerste Nasie van Suid-Afrika.
NAMASTORIES
In hierdie episode word die verhale van die Nama-volk in die kalklig geplaas as erkenning aan die wortels van Afrikaans in die wandel en weë van hierdie Vroeë Mense van Suid-Afrika.
DIE KOUE BOKKEVELD
Die Koue Bokkeveld is aan baie van ons bekend vir die koue en sneeu, dalk die aardbewing van 1969 en die oorvloed vars vrugte en groente wat hier vanuit die aarde voortkom. Maar in die hart van die Skurweberg, waar ons sommige van die oudste plase in die land sal vind, leer ken ons die mense agter die stories van die plaaslewe.
CEDERBERGE
Ons reis hoog op in die hart van die aarde in die Cederberge om die wêreld te sien deur die oë van die ouer garde van Eselbank en Heuningvlei.
STRANDLOPERS
Kom stap saam op die spore van die Strandlopers as ʼn Vroeë Nasie aan die Kaapse Skiereiland, en deel in verhale oor die vernuftige wyse waarop hulle aan die Kaap van Storms oorleef het en steeds in die hedendaagse samelewing hul erfenis vier.
PLATFONTEIN
Die verhale van die mense wat in die Suid-Afrikaanse Grensoorlog misbruik was en op Platfontein weggegooi is, is onlosmaaklik verweef met die wortels van Afrikaans.
VERLORENVLEI STORIES
Stap saam en kom reis deur die riete, kom luister na die wind en beleef die stories van die mense in en om die vlei.
KOSMOPOLITAANSE KALKBAAI VISSERS
Ons verken die verhale van die Afrikaanssprekende vissersgemeenskap as afstammelinge van Filippyne wat al generasies lank Kalkbaai hulle tuiste noem.
KORANA
Hierdie episode fokus op stories uit die verlede soos oorvertel deur die Korana-volk in die omgewing van Oudtshoorn en Bethelsdorp.
MELKHOUTFONTEIN STORIES