Kook dit resepte
Heleen Meyer Skons

Plaasskons (Volkoring-botterbroodjies) (Heleen Meyer)

Dit maak nie saak of jy dit botterbroodjies of skons noem nie, as dié gebakte lekkertes vars en stomend uit die oond kom, is ek eerste aan die tafel. Dié volkoringweergawe is heerlik, met die ekstra vesel en neuterige smaak, en die jogurt gee dit ’n veerligte tekstuur. Lewer 12…

Lees meer

Vrugtepakkies oor die kole (Heleen Meyer)

Suid-Afrikaners is lief vir braai en met hierdie resep kan jy selfs nagereg oor die kole voorberei. Gebruik jou keuse van seisoensvrugte en geur dit met die kaneel, heuning, suurlemoensap en botter. ’n Skeppie ongegeurde jogurt of roomys is perfek hierby. Die resep sal beslis almal beÏndruk en laat elkeen…

Lees meer
Resepte

Botterskorsie-&-bokmelkkaasslaai (Heleen Meyer)

Bokmelk het ’n effens suur smaak wat goed met die soet smaak van botterskorsie kombineer. Die slaai is geskik vir ’n voorgereg of ligte hoofgereg, en selfs as bykos. Die slaaisous kan vir enige slaai gebruik word, so maak dit sommer dubbeld. Lewer 4 – 6 porsies Slaaisous 100 ml…

Lees meer
Resepte

Somer-tortillas met steak & slaai (Heleen Meyer)

Dun repies sappige steak met slaaibestanddele en ’n jogurtsous in ’n sagte tortilla toegevou, is ’n lekker geselllige ete propvol kleur en geur. Laat elkeen hul eie tortilla vul en vou terwyl julle om ’n tafel kuier. Lewer 6 – 8 porsies 30 ml (2 e) vleis-speserymengsel (sien wenk) of…

Lees meer
Resepte

Vinaigrette met mosterd & kruie (Heleen Meyer)

’n Basiese vinaigrette is so maklik om te maak en kan ’n gewone slaai in ’n spesiale bygereg omskep. Dis tipies ’n mengsel van twee derdes olie en een derde asyn of suurlemoensap, met geurmiddels soos kruie, speserye of mosterd. ’n Tuisgemaakte weergawe is beslis gesonder as ’n gekoopte weergawe.…

Lees meer
Resepte

Tamatie-&-chorizo-tert (Heleen Meyer)

Die kombinasie van tamaties en geurige chorizo-worsies is heerlik. Sit die tert as ’n ligte ete met ’n groenslaai of as deel van ’n teetafel voor. Dis eintlik ’n ‘onderstebo’ tert, so die vulsel word met die deeg bedek en dan omgekeer, sodra die tert klaar gebak is, vir ’n…

Lees meer
Resepte

Thaise hoender-&-koolslaai (Heleen Meyer)

Hier is ’n interessante manier om ’n slim plan met enige oorskiet-hoender te maak. Lewer 4 porsies Slaaisous 125 ml (½ k) klappermelk20 ml (4 t) grondboontjiebotter7,5 ml (½ e) rooi Thaise kerriepasta5 ml (1 t) sojasous10 ml (2 t) suurlemoensap Slaai ½ elk klein wit en rooi kool, fyngekerf¼…

Lees meer
Resepte

Nicoise-slaai (Heleen Meyer)

Niçoise is ’n tipiese Franse slaai wat as maaltyd voorgesit en meestal op ’n groot slaaibord uitgepak word. ’n Mosterdslaaisous is baie gewild hiermee saam en ek is dol oor al die vars kruie in die slaai en sous. Lewer 4 – 6 porsies 500 g baba-aartappeltjies in die skil4…

Lees meer

Bevrore grenadella-kaaskoek (Heleen Meyer)

’n Vinnige alternatief vir ’n gebakte kaaskoek, met ’n baie romerige tekstuur. Dis een van dié resepte waarvoor daar altyd gevra word, amper elke keer as iemand dit proe. Dis so maklik om te maak en kan lank voor die tyd gemaak word – perfek vir ’n kuiergeleentheid. Lewer 10…

Lees meer
Resepte

Oosterse wortelslaai (Heleen Meyer)

Jy sal nooit weer met gewone wortelsaai tevrede wees as jy hierdie growwer weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Dis heerlik saam met vark, hoender of vis. Die slaaisous kan ook vir ander slaaie gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte en groente, soos appels, druiwe, groenboontjies of…

Lees meer