Professionele kinderteater by JOU skool – bespreek nou!

Hier’s sy weer! Na ‘n baie suksesvolle toer in Maart 2019, is Pippie Langkous terug!

Met haar bont kouse en rooi vlegsels, sproetgesig en mannewales, sal sy jou laat skater van die lag. Sy is ondeund, propvol pret en haar naam is Pippielotta Vikkiria Peppermenta Vensterrea Seerowersdogter Langkous, of sommer net Pippie!

Pippie is vrygewig, dapper en sterk en ’n inspirasie vir oud en jonk. Dié avontuurlustige karakter uit die pen van Astrid Lindgren word al vir jare deur kinders en hul ouers bemin. Haar pa is ´n seerower en haar ma ´is in die hemel´ en daarom woon sy alleen in Villa Wille-pret met haar perd en haar apie, meneer Nilson. Vir Pippie is enige iets moontlik en teen die einde van die vertoning sal sy jou ook daarvan oortuig!

Die produksie is aangewys as BEST FAMILY FRIENDLY PRODUCTION in die SA Theatre Magazine se teatertoekennings. In die NCT-produksie word al die rolle deur professionele akteurs vertolk. Die kreatiewe span is Coba-Maryn Wilsenach (regie en ontwerp), Christine Ludwig (musikale regie), Phillada le Roux (choreografie).

Vertonings: 1 tot 16 Augustus 2019 (Maandag tot Vrydag by skole)

Kaartjies:

600+ leerlinge @ R20 per leerder

500+ leerlinge @ R25 per leerder

400+ leerlinge @ R30 per leerder

300+ leerlinge @ R40 per leerder

200+ leerlinge @ R60 per leerder

 Navrae: Skakel Claudy of Karina 011 484 1584/5 of e-pos bookings@nctt.org.za

Webwerf: www.nationalchildrenstheatre.org.za

Twitter: https://twitter.com/NCTParktown