fbpx

Podiumpret

Praat saam in jou moedertaal!

Wanneer dit kom by redenaars en debat en die lees en vertel van stories, is Podiumpret beslis ’n diamant in die kroon van dié bedryf.  Die stigter, Carolina van der Westhuizen, vertel trots dat sy reeds sedert 2012 aan die gang is en die afgelope sewe jaar was die groei fenomenaal. Lees ’n mens die bemarkingsmateriaal kom jy agter dat Podiumpret nie sommer net nog ’n redenaarswerkswinkel of kompetisie is nie. Onderriginstansies soos Akademia en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) is ook betrokke by die befondsing.

Neem deel

Leerders wat vanjaar wil deelneem aan die kompetisies moet sommer vandag nog inskryf. Die verskillende streke het verskillende sluitingsdatums en die Vrystaat sluit reeds op 26 Februarie. (Kyk gerus onderaan die artikel vir ’n lys van sluitingsdatums.)

Podiumpret ontwikkel sprekers 

Sê Carolina: “Ons werk nie met ‘n beginsel van eliminasie nie – waar deelnemers uitgeskakel word en slegs ‘die bestes per provinsie’ genooi word om aan die finale ronde deel te neem nie.  Wanneer ‘n deelnemer oefen, sy boodskap sy eie maak en dit met oortuiging oordra aan sy luisteraars, is hy welkom om aan die finaal in die Paarl deel te neem.  Graadwenners aan die finale kompetisie se name word op ‘n plaatjie by ‘n boom in die Taalmonument se tuin geplaas.”

Podiumpret bied geleentheid vir deelname aan die volgende kompetisies:

Leeskompetisie:

Dit word as ’n spesialisvaardigheid beskou en die fokus val op veel meer as vlot lees.  Lesers van so jonk as graad 1 word geëvalueer of hulle geskik is om op radio voor te lees en/of voor ‘n gehoor.  Deelnemers word ook agterna aangemoedig om by hulle plaaslike radiostasies aan te klop en hulle hulp aan te bied met onder meer die voorlees van verhale.

Sprekervaardighede:

  • Elke graadgroep ding mee teen deelnemers in dieselfde graad.
  • Sprekers kan kies aan watter kategorie(e) hulle wil deelneem:
    • Verwelkomingstoesprake
    • Gelukwensingstoesprake
    • Inligtingstoesprake
    • Motiveringstoesprake
    • Humoristiese toesprake
    • Redenaarstoesprake
    • Onvoorbereide toesprake
    • Storievertel
  • Sprekers word aangemoedig om hulle eie toesprake te skryf. Waar sprekers aan ander kompetisies deelneem, mag hulle dieselfde toesprake gebruik.
  • Indien ‘n toespraak skuif na ‘n ander kategorie, bv. ‘n toespraak wat in ander kompetisies as ‘n Motiveringstoespraak ingeskryf is, maar by Podiumpret eerder aan die kriteria voldoen vir ‘n Inligtingstoespraak, sal leiding gegee word oor die verandering.

Twee afdelings om uit te kies:

Sprekers kan kies om in die Ervare of Onervare afdeling deel te neem, afhangende van vorige ervaring. Dit gee aan sprekers ’n gelyke kans om by die finaal as wenner aangewys te word.

Spanredenaars:

Spanredenaars (3 tot 5 sprekers) word van 2020 af in twee kategorieë verdeel, naamlik:

Spandebat en Spanpret.

Spandebat is vir die ernstiger sprekers wat nie dramatiese inleidings en toerusting gebruik nie.

Spanpret bied aan die kreatiewer spanne geleentheid om hulle sê te sê en ‘n bietjie te doen.  Die klem moet NOOIT val op konsert in hierdie spantoesprake nie.

Storievertel:

Storievertel is ‘n nuwe afdeling waarvoor sprekers kan inskryf.  Deelnemers word aangemoedig om hulle eie grappies uit te dink en sover dit die stories aangaan, iets wat uit hul eie leefwêreld traumaties was, só te verwerk dat hulle en ander daaroor kan lag.

Podiumpret: Tolla van der Merwe – Storieverteller van die jaar:

Hierdie kategorie is die heel jongste toevoeging tot die fees. Die trofee word geskenk deur die Van der Merwe-familie onder leiding van Wicus.  Deelnemers aan hierdie kompetisie moet ‘n storie en ‘n grappie kan vertel.  Agt deelnemers sal genooi word na die finaal die Saterdagaand waar slegs een wenner aangewys word.

Erkenning aan sprekers, lesers en vertellers

Elke deelnemer ontvang die volgende:

Die eerste ronde:

  • Sertifikaat van deelname;
  • Beoordeelstaat; en
  • Lapelknopie geborg deur Seeff (Wynlande) met die naam van die vaardigheid wat hy/sy bemeester het indien die gemiddeld vir die eerste ronde 75% en meer is.

Tweede ronde (semi-finaal):

  • Sertifikaat van deelname;
  • Sertifikaat: Kategoriewenners, 2de en 3de in kategorie;
  • Sertifikaat: Graadwenners, 2de en 3de in graad;
  • Blootstelling aan die tydborde;
  • Twee beoordelaars per lokaal; en
  • Twee beoordeelstate.

Finaal:

  • Sertifikaat van deelname;
  • Lapelspeldjie vir deelname aan die finaal;
  • Twee beoordelaars;
  • Twee beoordeelstate;
  • Sertifikaat: Kategoriewenners, 2de en 3de in kategorie; en
  • Sertifikaat: Graadwenners, 2de en 3de in graad.

Beoordeling

In die eerste ronde vind beoordeling op ’n 1:1 basis plaas.  Elke spreker word volgens persoonlike vaardighede beoordeel. Wenke met betrekking tot die inhoud sowel as die aanbieding word verskaf en daar word aan sprekers verduidelik hoe om die beoordeelstaat tot sy/haar voordeel te gebruik.

Podiumpret-opgeleide beoordelaars vanuit die regsberoepe, predikante, omroepers en dokters – ALMAL kindervriendelik – tree as beoordelaars tydens die finale ronde op.

Inskrywingsgeld vir 2020:

  • Lees-, Storievertel- en Sprekervaardighedekompetisie: R165.00 per item
  • Spanredenaars: R450.00 per item

Kontakbesonderhede

Vir meer inligting en ’n inskrywingsvorm:

Carolina van der Westhuizen: 083 415 9083 / 086 416 9943/www.podiumpret.co.za

Carolina van der Westhuizen – stigter van Podiumpret (voorheen Kans!vatter).

Die onderneming bestaan sedert 2012 en het ten doel om kinders (leerders) se sprekervaardighede te verbeter. Carolina werk vanuit die Paarl waar sy haarself veral beywer om leerders wat ’n gebrek aan befondsing het, te ondersteun. So word talle leerders (“onontginde juwele”) die kans gegun om deel te neem en hul vaardighede te slyp.

Registrasieportaal

Podiumpret beskik oor ‘n Registrasieportaal waar leerders elektronies registreer en inskryf.  Hulle mag vir meer as een item inskryf en ook op meer as een plek optree.

Hierdie Portaal hou ook rekord van ‘n kandidaat se vordering – elke vaardigheid wat bemeester is, word aangeteken. Aan die einde van  ‘n kandidaat se laerskoolloopbaan kan die verslag deur die skool getrek word om te bevestig watter vaardigheid in watter betrokke jaar bemeester is.

Kompetisiedatums en sluitingsdatums:

Vrystaat:  Sluitingsdatum: 26 Februarie

12 –14 Maart              Bethlehem

16-17 Maart                Bloemfontein

18-19 Maart                Hennenman

Noordwes:  Sluitingsdatum:  11 Maart

1-2 April          LS Lichtenburg
3-4 April          KHS, Klerksdorp

Mpumalanga:  Sluitingsdatum:  11 Maart
6 April             Bethal Opleiding LS HM Swart
7 April             Secunda, LS Kruinpark
8 April             Bethal, LS HM Swart
14 April            Witbank
15 April            Middelburg
16 April            Secunda, HS Oosterland
17 April            Standerton, LS Kalie de Haas
20 April            Piet Retief, LS Piet Retief
23 April           Semi-finaal Mpumalanga, HS Oosterland

Gauteng:  Sluitingsdatum:  1 April
27 April            Alkantrant Biblioteek, Pretoria

28 April            LS Stephanus Roos, Pretoria

29 April            Pretoria, LS Constantiapark

30 April            Pretoria, LS Constantiapark
1 Mei               Alkantrant Biblioteek, Pretoria
18 Mei             Alkantrant Biblioteek, Pretoria

19 Mei             Alkantrant Biblioteek, Pretoria
22 Mei             Semi-finaal, Gauteng,

Limpopo:  Sluitingsdatum:  8 April
4-5 Mei            Louis Trichardt, HS Louis Trichardt
6-7 Mei            Pietersburg (Polokwane), HS Pietersburg
8 Mei               Tzaneen, LS Tzaneen
11-12 Mei        Potgietersrus (Mokopane), LS Krugerpark
13 Mei             Naboomspruit (Mookgopong), HS Hans Strydom
15 Mei             Semi-finaal Limpopo, HS Pietersburg

Suid-Kaap:  Sluitingsdatum:  10 Junie
13 Julie            George

14 Julie           Swellendam,  LS Swellendam

Wes-Kaap:  Sluitingsdatum:  10 Junie
16 Julie           Somerset-Wes  LS De Hoop

17 Julie           Stellenbosch Stadsbiblioteek

20 Julie           Paarl, LS WA Joubert
21 Julie           Kuilsrivier, LS Mikro

22 Julie           Worcester, LS Worcester-Noord

23 Julie           Houtbaai, Sentinel Primary

24 Julie           Paarl Biblioteek

27 Julie           Citrusdal, Pomario
28 Julie           Saldanha, LS Saldanha
29 Julie           Ceres, Mooi-Uitsig Primer

30 Julie           Paarl, Biblioteek

31 Julie           Paarl, Biblioteek

3 Augustus  Paarl, New Orleans SS

4 Augustus  Paarl,  Weltevrede Sekondêr

5 Augustus,  Malmesbury

6 Augustus  Wellington, Museum

7 Augustus  Wellington, Museum

28 Augustus  Wes-Kaap semi-finaal  LS WA Joubert

Nasionale Finaal: 11 en 12 September by HS Labori, Paarl

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.