fbpx

Oefen vir die eksamen – ou vraestelle en toetse om af te laai

By Afrikaans.com probeer ons dit so maklik as moontlik vir ons leerders maak om leerhulp te bekom. Daarom het ons dit vir jou in ’n neutedop verpak. Hier kry jy skakels na vorige vraestelle, toetse, notas, memoranda en ander nuttige leermateriaal om af te laai. Die meeste is boonop gratis.

Talle van die webtuistes word gereeld bygewerk en ons beveel aan dat julle gereeld gaan loer wat beskikbaar is. Dit is soms nodig om af te blaai om by spesifieke inligting uit te kom – so spandeer maar ‘n rukkie op die tuistes – kanse is dat jy wel geholpe sal raak.

Kyk hier hoe om vorige matriekvraestelle vanaf die Departement van Onderwys se webtuiste af te laai.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.