fbpx

Maak ’n verskil met die Jubel in ’n Tas-projek

Die jaar staan nou vinnig einde se kant toe, maar kort voor lank is dit die nuwe skooljaar en moet die tassies gepak en die skoolklere gestryk word. Die meeste kinders sien uit na die nuwe skooljaar, pak met opgewondenheid hul skooltas en kan nie wag om hulle nuwe penne en potlode, alles mooi bymekaar in ’n nuwe potloodsakkie, te gebruik nie.

Ongelukkig is nie alle kinders in dieselfde bootjie nie. Talle van ons minderbevoorregte kinders gebruik sommer ’n inkopiesak as ’n skooltas en skryfbehoeftes is karig. Boonop word hulle blootgestel aan teistering deur van die ander kinders, wat hulle selfbeeld so aftakel dat hulle dit moeilik vind om op hul skoolwerk te fokus.

Die niewinsgewende maatskappy ToekomsVonk het besluit om in te spring en hulle Jubel in ’n Tas-projek van stapel gestuur – ’n projek wat Afrikaans.com na aan die hart lê. Vanjaar, in plaas van die gewone geskenkies vir Kersfees, ontvang verdienstelike gevalle skooltasse wat die nodige skryfbehoeftes bevat – en as daar fondse oor is, ook ’n klein geskenkie. Hulle doel is om ten minste 400 kinders die Desember te bereik.

Hoe kan jy help?

Daar is verskeie opsies en ’n mens kan kies om ’n donasie te gee of om skryfbehoeftes te skenk.

  • Borg van ’n volledige tas wat alle basiese skryfbehoeftes insluit, beloop R500 per tas.
  • Skenking van skryfbehoeftes: Dit sluit in: Buisies gom, liniale, notaboekies, passerstelle, penne (blou, swart en merkers), pennehouers, potlode (inkleur- en gewone potlode), sakrekenaars, skêre (stomppunt), skerpmakers, uitveërs en vertoonlêers.
  • Enige bedrag na goeddunke – oorskot sal aangewend word vir kospakkies vir hierdie gemeenskappe.

Blootstelling

Die aflewering van hierdie tasse word gedokumenteer en waar toestemming verleen is, word ook foto’s geneem. Skenkings word in ’n formele brief erken en op ToekomsVonk se Facebook- en webblaaie genoem. Dikwels word gemeenskapskoerante betrek en kry borge op die manier bykomende blootstelling. Indien jy ’n donasie wil maak, kan dit in die volgende rekening inbetaal word, onthou net om die volledige verwysingsnommer te meld:

Rekeninghouer: ToekomsVonk

Bank: FNB; Rekeningnommer: 62726214729; Takkode: 250655

Verwysingsnommer: Jubel 4

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.