LitNET se eenstopleerhulpportaal

Die magdom inligting, vraestelle, notas en ondersteuning vir ouers en leerders op LitNET se eenstopleerhulpportaal is een van die beste plekke om aan te klop vir leersukses.

Kyk na voorbeelde hier:

Letterkunde

Behandel jy vanjaar Lien se lankstaanskoene in die skool en het jy hulp nodig om die boek beter te verstaan? Dewald Koen, tot onlangs Afrikaansonderwyser voordat hy by die universiteit begin doseer het, deel sy opsomming an die eerste paar hoofstukke, vrae en antwoorde wat onderwysers moontlik oor die boek kan vra, sowel as ‘n klastoets.

Lien se lankstaanskoene
Derick van der Walt
ISBN: 9780624046684
Tafelberg

Hoop vir jou kunssinnige kind – visuele wiskunde

Daar is leerders wat eerder hou van ’n verfkwas as ’n wiskunde-sakrekenaar. Hoe gemaak as hulle wiskunde moet deurkom? Lees meer hier

Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry

Konsepte in wiskunde ontwikkel van die konkrete na die abstrakte. Dit beteken dat kinders se eerste formele blootstelling aan wiskunde as leerarea met baie praktiese blootstelling gepaardgaan. Hulle sal byvoorbeeld in graad 1 vuurhoutjies (die konkrete) gebruik om vierkante te vorm en in graad 4 ‘n formule (die abstrakte) skryf waarmee jy kan uitwerk hoeveel vuurhoutjies jy nodig sal hê om ‘n sekere aantal vierkante te bou. Die konsepte volg dus jaar na jaar op mekaar. Daarom is dit belangrik dat kinders reeds van graad 1 af wiskunde sal verstaan. En die beste wyse om dit te bewerkstellig, is om soveel as moontlik werklike voorwerpe vir wiskundehuiswerk in te span. Lees meer hier.

Kyk hier na die indeks van notas, vraestelle en toetse vir alle grade en vakke

Lees ook:

Afrikaans.com het ‘n nuttige lys van leerhulp vir voorskools, op skool en na skool asook handige hulpmiddels vir ouers en onnies. Klik hier.