Lees is belangrik en hoe meer ’n kind lees, hoe beter kan hy leer. Boonop bou dit woordeskat en verbeter gereelde lees ook taal- en kognitiewe vaardighede. Ons kinderboekrak bied heerlike stories om vir jou kleuter voor te lees en jy kan kies uit ’n verskeidenheid luister- en leesstories. Die Tippie leer my lees-reeks, saamgestel deur Reinette Lombard en Josè Palmer en deel van Lapa Uitgewers, is ook die voorkeurbron vir talle ouers en onderwysers. ’n Verskeidenheid gratis hulpbronne is ook beskikbaar, soos onder andere klankkaarte, vormrympies, leesboekies, ’n alfabetinkleurboek en flitskaarte.
