Leer digitaal – ’n Goeie bron vir tuisskolers, onderwysers en leerders

Snapplify.com  Education is alles wat ’n mens nodig het om digitaal te leer en te onderrig. Hierdie digitale e-leermaatskappy bied programmatuur en steun aan onderriginstellings, onderwysers en leerders en is veral ’n goeie bron vir tuisskolers.

Die keuse is groot en hoofsaaklik van toepassing op graad 4 tot 12 en ’n mens kan kies uit ’n groot verskeidenheid teksboeke, studie- en onderwysersgidse  (vir verskillende leerplanne – KABV, Cambridge, IEB, ens.) asook leesboeklyste en vorige eksamenvraestelle. Alhoewel die meeste items te koop aangebied word, is daar ook talle gratis e-boeke/opsies beskikbaar.

’n Wye verskeidenheid

Jy kan kies uit onder andere: Vorige eksamenvraestelle (“Matric past papers”), Die Antwoord-reeks – ’n sleutel  tot eksamensukses, Die Siyavula-reeks – gratis e-teksboeke vir graad 4 tot 12, ’n Afdeling vir graad 4 tot 12 e-teksboeke, Lees meer Afrikaans, Onweerstaanbare misdaadfiksie in Afrikaans, Puik keuses vir jong lesers van 6 tot 8 jaar, Stories vir kinders van 9 tot 11 jaar, Boeiende e-boeke vir tieners van 12 tot 14 jaar, Top tienerboeke vir die 14-plussers en Tiener-liefdesverhale. Die keuse vir Engelssprekende leerders is aansienlik en Afrikaanse leerders sal beslis ook hierby baat vind.

Gaan kyk gerus hier vir ’n volledige lys van wat Snapplify bied:

Vir nog nuttige leerhulpbronne, klik hier en dan op die afdeling van jou keuse.