Spesifieke fokus
Om terug te keer na die uitspraak-afdeling. Onder Spesifieke fokus word al die klanke individueel bespreek. Soos byvoorbeeld vokaalvariasies en -kombinasies, die konsonante, en ander spesifieke klankkwessies om die student te help om goeie en akkurate uitspraak te leer. Alhoewel dit meer op Engelssprekendes gerig is, sal dit ook goed werk vir sprekers van ander tale.
Dit is raadsaam om aan die begin veral aandag te gee aan uitspraak. Raak dit eers baas voordat jy aanbeweeg. ‘n Wenk is om jouself op te neem wanneer jy Afrikaans lees en dan ‘n Afrikaanssprekende te vra om daarna te luister. Op die manier kan jy dan meer aandag skenk aan die areas waar jy meer oefening nodig het.
Hier is een voorbeeld: