Hierdie inligting is beskikbaar gemaak met vergunning van Lapa Uitgewers. Die gratis hulpbronne word ten beste benut wanneer ‘n mens dit kombineer met hul addisionele materiaal en opleidingsprogramme. Hierdie voorleggings kan ook as Powerpoints ontvang word. Stuur ‘n epos aan enas@lapa.co.za met die naam van die voorlegging wat jy graag wil ontvang. Om die volledige Lapa-aanbod vir Laerskool te besigtig en te bekom, klik hier.

Algemeen
Dr. Nandi Lessing-Venter Voorstelle vir praktiese, kreatiewe idees om leerders volgehoue ondersteuning te bied vir byvoorbeeld die ontwikkeling van woordeskat, sin- en paragraafstruktuur en grammatika in die klaskamer.
Hierdie toepassings kan gebruik word om video’s te maak wat in die klas gebruik kan word as ‘n alternatief vir mondelinge. Die toeps en video’s kan ook gebruik word vir klasprojekte waar leerders saam werk aan ’n visuele storie.
Tekste
Aanbieding van ’n verskeidenheid visuele tekste vir taal & begrip.
Verskillende tekste wat vir vraestelle/toetse/skryfwerk gebruik kan word.
Letterkunde
Hoe om gedigte-skryf in die klas lekker te maak; voorbeelde van watter tipe gedigte alles in die klas geskryf kan word; hoe om ’n gedig te analiseer.