Kursusse vir voornemende entrepreneurs … in Afrikaans

Wil jy graag jou eie onderneming bedryf?

Solidariteit: Helpende Hand en Entrepreneurswizard het ’n nuwe projek van stapel  gestuur waarin hulle saamwerk om voornemende entrepreneurs op te lei en toe te rus om suksesvolle sakepersone te wees.

Kursusse

Daar is twee kursusse om van te kies:

  • ’n Kort, basiese kursus ideaal vir die nuwe sakepersoon wat vir die eerste keer voelers uitsteek en die mark betree. Die kursus rus jou toe sodat jy nie onnodige foute maak nie en gee jou die bes moontlike kans om sukses te behaal.
  • ’n Meer omvattende kursus gemik op ’n meer gesofistikeerde onderneming. Die kursus dek alle aspekte van ’n nuwe onderneming op die been bring. Spesifieke vaardighede en kennis is nodig om jou kans te vergroot om jou onderneming uit te brei en hierdie kursus bied dit alles.

Die kursusse word in Afrikaans aangebied, maar die student leer ook die Engelse begrippe soos dit in die bedryf gebruik word. Koste beloop onderskeidelik R3 000 en R20 000 per kursus.

Rentevrye lenings

Diegene wat belang stel en geldelike hulp nodig het, kan aansoek doen om rentevrye lenings by Helpende Hand. Laat weet net vir entrepreneurswizard en hulle sal jou na die regte mense verwys.

Of gaan loer by https://entrepreneurswizard.co.za/, klik op die “course”-skakel en selekteer die kursus waarin jy belang stel.

Voorvereistes

  • Toegang tot ’n rekenaar met ’n redelike internetspoed.

Die eerste kursus begin reeds einde Maart 2019.

Bly op hoogte: Nuusbrief

Teken in op entrepreneurswizard se nuusbrief .