Kry jou uitslae met die “Maroela-Matrieks”-app

Maroela Media maak dit vanjaar maklik om jou matriekuitslae te sien sodra dit vrygestel word. Dit is gerieflik, gratis en vinnig! Sodra jy dit aflaai en registreer, kan jy ook jou eksamennommer vir jou familie en vriende gee. Hulle kan dan ook inteken en saam met jou jou resultate vier! Maroela Media het boonop met verskeie kenners gesels en die app bied hope raad en video’s om die senuwees te help kalmeer en jou te help om te fokus op dit wat regtig saak maak – jou toekoms!

Maroela Matrieks is beskikbaar vir Android- en iOS-slimfone.

Bennie Fourie en Bouwer Bosch vertel jou meer …

Lees meer oor die “Maroela Matrieks”-app hier.