fbpx

Episode 2

Klaskenades met Ammiël

Herken jy jouself in die klas?

Ammiël Smith is ‘n onderwyser met ewewig, passie en talent. Hy maak vandeesmaand ‘n draai op Afrikaans.com as deel van ons November-eksamenfokus. Sy video’s bring so ‘n bietjie eksamenverligting! Voormalig ‘n bemarker, het hy na ‘n uitreik na Indië besef dat sy roeping in die onderwys lê. Bedags woeker hy as LO-onderwyser by Laerskool Vryburg. Hy is passievol oor onderrig, liefdadigheid, avontuur, reis en videografie.

Maak gedurende November elke week ‘n draai en geniet sy reeks saam met ons.

Herken jy een van die volgende studente in die eksamenlokaal?

Kyk episode twee van Klaskenades en vertel ons op sosiale media met die #jouafrikaanstel!

Afrikaans.com-skole

Episode 1

Klaskenades met Ammiël

Oorlewingsraad vir onnies

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.