Klara-Klets-1

Klara Klets vorm deel van Kahuna Kidz , ‘n geregistreerde maatskappy wat Engels, Afrikaans, en Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir leerders vanaf drie jaar oud tot matriek aanbied. Hul dienste word beide in persoon sowel as aanlyn beskikbaar gestel.

Klara Klets help jong Afrikaanse sprekers met woordeskat. Sy help ook tweedetaalsprekers om hul Afrikaans op te skerp. Met haar treffende temalied, gesing deur Len Muller, kan ‘n mens nie anders as om saam met Klara te wil leer nie.

Hierdie video’s word met vergunning van Kahuna Kids op Afrikaans.com gehuisves. Vir verdere hulpbronne, besoek hul webtuiste.

 

Lewenslesse

Video 1:

Klara kyk na goeie en slegte geheime. Weet wanneer om nie ‘n geheim te hou nie.

Video 2:

Klara kyk na verskillende gevare waarvoor ons versigtig moet wees in en om die huis.

Video 3:

Klara kyk na basiese higiëne om ons lyfies mooi gesond te hou.

Video 4:

Klara vertel vir ons maats kortliks van goeie maniere.

Video 5:

Klara kyk na basiese veiligheid vir voetgangers.

Video 6:

Klara vertel vir die maats meer van siektesimptome en hoe om ons lyfies gesond te hou.

Video 7:

Klara kyk na verskillende tipes boelies. Wat is boeliegedrag en wat moet ek doen?

Video 8:

Klara kyk na wat besoedeling is, die tipes besoedeling en die nagevolge daarvan.

Meervoude

Video 1:

Klara kyk na basiese meervoude.

Video 2:

Kom ons kyk na nog Afrikaanse meervoude

Gebedjies

Video 1:

Afrikaanse gebedjies vir die kleinspan.

Video 2:

Afrikaanse tafelgebed vir kleuters.

Video 3:

Aandgebedjie vir kleuters

Rympies

Video 1:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Oom Olifant.

Video 2:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Paddatjie, paddatjie.

Video 3:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Eendjies, eendjies.

Video 4:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Ou vrou in ‘n skoen.

Video 5:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Apie op ‘n stokkie.

Video 6:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Hompie Kedompie.

Video 7:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Kiepie Kiepie.

Video 8:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Wielie Walie.

Video 9:

Opvoedkundige Afrikaanse rympie: Hierdie klein varkie.

Video 10:

Opvoedkundige Afrikaanse rympie: Die muis en die klok.

Video 11:

Opvoedkundige Afrikaanse rympie: Tien klein paddatjies.

Video 12:

Opvoedkundige Afrikaanse rympie: Sarie van As.

Video 13:

Klara leer nog ‘n kort rympie: Slaap, kindjie, slaap.

Video 14:

Tradisionele Afrikaanse rympie: Paddatjie, paddatjie.

Video 15:

Tradisionele Afrikaanse rympie en woordeskat vir kleuters en jong kinders: Babatrein.

Skryf

Video 1:

Lettervorming en skryf. Herken getalle nul tot twintig.

Video 2:

Klara kyk na die alfabet en hoe dit geskryf word in kleinletters. Leer skryf saam met Klara Klets.

Geluide

Video 1:

Luister na die geluide van sommige insekte en voëls.

Video 2:

Klara luister na die geluide van plaasdiere.

Video 3:

Klara luister na die geluide wat sommige wilde diere maak.

Algemeen

Video 1:

Klara leer Setswana saam met die jongspan.

Video 2:

Klara kyk na wilde diere in Afrikaans.

Video 3:

Klara Klets kyk na seediere.

Video 4:

Klara kyk na verskillende plaasdiere.

Video 5:

Klara kyk na basiese vorms in Afrikaans.

Video 6:

Klara kyk na verskillende nooddienste en die mense wat ons help.

Video 7:

Die verskillende kleure.

Video 8:

Klara kyk hier na verskillende emosies. Identifiseer gevoelens.

Video 9:

Klara kyk na verskillende tipes vervoer.

Video 10:

Klara kyk na maande van die jaar.

Video 11:

Klara kyk na vrugte en groente.

Video 12:

Klara kyk na die provinsies van Suid-Afrika.

Video 13:

Klara kyk na dae van die week.

Video 14:

Klara kyk na voorsetsels. Voorsetsels, waar iets is.

Video 15:

Klara tel saam met die maats van een tot tien.