fbpx

Jou kind gaan hoërskool toe … maak dit makliker …

Om jou kind voor te berei vir graad 8 stem baie ooreen met wat jy gedoen het toe hy/sy die eerste keer grootskool toe gegaan het. Jy onthou waarskynlik nog die graad-eentjie in die effens te groot skooldrag (dit moet darem ’n rukkie pas!), die blink skoene en die reuseboeksak wat groot en amper leeg op die rug gedra word.

Wanneer jou kind nou die volgende fase betree en hoërskool toe moet gaan, voel hy/sy steeds onseker, die skoolbaadjie is weereens “ruim” en die boeksak nou nog groter, maar nou gaan dit waarskynlik ook gepaard met groepsdruk en hormone wat begin kop uitsteek. Laasgenoemde bly maar ’n ingewikkelde fase in enige kind se lewe – in graad 8 is baie van ons kinders nóg vis nóg vlees en is “probleme” nou soveel groter – maar dit hoef nie so te wees nie. Hier is tien wenke om die proses te vergemaklik:

  • Gesels met jou kind en berei hom/haar geestelik voor – al is dit soms moeilik om iets uit ontluikende tieners te kry. Op die manier berei jy jou kind emosioneel voor en weet jy waaroor hy/sy bekommerd is, wat sy/haar verwagtinge is, of waarna uitgesien word.
  • Moedig ’n positiewe gesindheid aan.
  • Maak jou kind bewus daarvan dat daar ook soms negatiewe dinge kan gebeur. Moedig hom/haar aan om moontlike insidente dadelik met jou te deel.
  • Verduidelik hoe belangrik dit is om te sosialiseer en ander te respekteer. Moedig nuwe vriendskappe aan.
  • Leer jou kind om in hom-/haarself te glo.
  • Lees die skool se reëls en maak seker jou kind weet wat verwag word.
  • Maak seker jou kind het al die nodige skoolbehoeftes, soos skooldrag, sportdrag en skryfbenodigdhede.
  • Maak jou kind bewus van die belangrikheid van sport en kultuur. Moedig deelname aan.
  • Rig ’n plek in waar jou kind kan studeer. Die ruimte moet stil, goed geventileer wees en genoeg lig hê.
  • Moedig goeie studiegewoontes aan. Indien nodig, raadpleeg ’n kundige om jou kind hiermee te help.

Die aand voor die eerste dag

Sorg dat die skoolklere gereed is, die tas en kosblik gepak is, sodat die volgende oggend rustig kan verloop en die kind betyds by die skool is. Wees eerder te vroeg as te laat. Daardie eerste dag is skrikwekkend.

Lees ook:

Wenke vir eerste skooldag. Klik hier

Wenke vir ouers vir eerste skooldag op Maroela Media. Klik hier

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.