fbpx

18 Maart 2020
Saamgestel deur Annelie van Jaarsveldt

Handige hulp vir onnies en ouers

Ons is nie almal ewe bedrywig en bedrewe op sosiale media nie, maar soms kan spesifieke Facebook-groepe nogal handig te pas kom, veral as ’n mens op soek is na onderrig-, leer- en taalhulpbronne.  Afrikaans.com het so bietjie op sosiale media gaan loer wat daar vir ons onderwysers en ouers is en op die volgende Facebook-groepe afgekom by wie jy kan aansluit en aanklop met jou vrae en/of raad. Die meeste van hierdie groepe het ook webtuistes waar jy meer te wete kan kom.

  • Afrikaans Huistaal en EAT – ’n privaat groep vir onderwysers om idees uit te ruil en raad te vra.
  • Leer Afrikaans 123 – graad R – graad 3 lees- en werkboeke volgens KABV geskryf. Hulp vir lees, spel en begripsvaardighede. Ook geskik vir remediëring.
  • Oolfant – vir tuisskolers om in Afrikaans te tuisskool.
  • 15-minuut Afrikaans – deel van oolfant.com – leer Afrikaans in slegs 15 minute per dag.
  • E-classroom – e-leerhulpbronne belyn met KABV vir graad R – 12. Werkkaarte, lesplanne, aanvullende materiaal.
  • Edmodo – e-netwerk vir onderwysers.
  • Onnies online – ’n omvattende reeks hulpbronne, idees en inspirasie vir onderwysers op alle vakgebiede, met vraestelle, werkkaarte, video’s.
  • Afrikaans is GROOT in jou klaskamer – raad, wenke en hulpbronne vir onderwysers en ouers.
  • Teacha – onderrighulpbronne
  • Worksheetcloud – werkkaarte en toetse vir hersiening vir laer- en hoërskoolleerders.
  • The language ladies – maak aanleer van taal maklik. Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
  • Speelkamer – speel is belangrik. Hier word ouers gehelp om hulle kinders te laat floreer deur spel.
  • Prekinders – hope aktiwiteite en idees vir onderwysers in kleuterskole veral.
  • Skoolskatkis – nuttige opvoedkundige materiaal.
  • Woelwater-aktiwiteitsbokse vir tussen 5 maande en 4 jaar – bokse vol ervarings. Elke boks se aktiwiteite inspireer groot- en fynmotoriese vaardighede, die sensoriese, musiek en kunsvlyt.
  • Peuter- en Kleuterpret – kletsblad vol idees om kleingoed op prettige wyse besig te hou.

Taalvrae:

Spesifiek vir diegene wat professioneel met taal omgaan:

  • Taalgoggas en balbyters – vir enigiemand wat in Afrikaans werk of sommer lief is vir die taal. Vra vrae, help ander, redeneer en debatteer.
  • Taaltameletjies – ’n privaat groep vir diegene wat professioneel met taal werk om mekaar by te staan met taalvrae.

Boeke te kus en te keur:

Soms is jy as onderwyser op soek na ’n spesifieke boek of gedig. Die volgende FB-groepe kan dalk help:

  • Lekkerleesboekrak ’n virtuele kuiergroep waar boekliefhebbers saam gesels oor boeke wat hulle geniet het en kan aanbeveel vir ander lesers.
  • Kom ons lees weer Afrikaans  vir almal wat daarvan hou om Afrikaans te lees, maar nie altyd weet waar om te begin nie.
  • Storiewerf  kuierplek vir almal wat van kinder- en jeugboeke hou.
  • Boekbedinges  as jy op soek is na ‘n boek, vra hier; as jy een wil weggee, doen dit hier en as jy een wil verkoop, is dit die plek.

Laat weet gerus as jy van ’n soortgelyke groep/e weet wat op die lys hoort.

Kontak ons.

Vir nog skakels, wenke en apps, kyk ook op Afrikaans.com se leerhulpbladsye:

Oefen vir die eksamen – ou vraestelle en toetse om af te laai. Klik hier.

Aflaaibare plakkers en plakkate vir jou klaskamer. Klik hier.

Moedertaalonderrig. Klik hier.

Voorskools: Klik hier.

Onnies en ouers: Klik hier.

Vertaal in Afrikaans: Klik hier.

Ook nuttig:

Lapa-Uitgewers se klaskameraad.

Best Books by NB-Uitgewers.

LitNET Akademies.

VivA Afrikaans – Virtuele Instituut vir Afrikaans – woordeboeke en taalvrae.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.