Gesonde en bekostigbare kosblik-idees

’n Gesonde kosblik is noodsaaklik vir ’n wakker brein

In vandag se gejaagde tye is ontbyt nie altyd gebalanseerd nie of moet dikwels te vinnig afgesluk word.  Party van ons sukkel ook om vroegoggend ’n stewige ontbyt te eet. In so ’n geval is ’n goed beplande kosblik die antwoord.

Kinders moet gereeld, maar ook gesond en gebalanseerd eet. Daarom moet maaltye, en dit sluit die kosblik vir skool in, verkieslik uit die vyf voedselgroepe, naamlik proteïene, suiwel, stysel, vrugte, groente en natuurlik vet (olie, neute, sade, avokado) bestaan.

Beplan … beplan … beplan

Jou oggende is  … wel, besig! Daarom is beplanning belangrik sodat jy die regte kos-items in die kos- en koelkas het. Dit is ook raadsaam om reeds die vorige aand die kosblik te pak. Groter kinders kan hiermee help. Dink aan die volgende om die kosblik af te wissel en interessant te hou:

Klein houertjies jogurt

Kaaswiggies met volgraanbeskuitjies

Vrugte, reeds geskil

Groente (bv. wortels, komkommer, groenbone, blomkool) in repies/blokkies gesny (dalk met ’n maaskaasdoopsous)

Hardgekookte en afgedopte eiers

Springmielies / klein pakkie grondboontjies

Klein frikkadelletjies / worsies

Biltong/droëwors

Pastaslaai

Daar is lewe na ’n toebroodjie

Dalk is die brood op, of muf of afgesaag, pak dan piesangbrood of ’n lekker muffin in. Saam met vrugte is dit ideaal en sal jou kind nie eers die toebroodjie mis nie.

Water is die liggaam se “olie”

Maak ook seker jou kind drink genoeg water en indien jy vir hom/haar vrugtesap gee, meng dit verkieslik met die helfte water. In die somer is dit ook ’n goeie idee om die sap/water vooraf te vries. Teen pouse is dit dan ontvries, maar steeds heerlik koud.

Iets soets en gesond

Kyk hier na ‘n heerlike appelmuffinresep wat onlangs uigesaai is op die Groot Ontbyt.

Huisgenoot.com

Watertandresepte vir oud en jonk

Lees ook:

Kosblik-idees. Klik hier en hier

Gesonde en bekostigbare kosblik-idees. Klik hier

Gesonde kosblikke en die noodsaaklikheid van vesel. Klik hier