Soms is dit skrikwekkend om te kyk na jou finansies en veral dit wat binne jou skuld- en beleggingsrekeninge aangaan … Die grootste fout wat mense maak, is om dan hul finansies eerder te wil vermy. ‘’Ek is in soveel moeilikheid … om die balans van die rekening te sien, maak my net meer negatief!’.
Het jy al ooit so gevoel? Dit is dan baie belangrik om juis te fokus op jou finansies sodat jy dit kan regstel.
In hierdie episode van Finansies 101 met Albert van Wyk bespreek ons die volgende:
- Hoe om ’n objektiewe beeld van jou huidige finansiële situasie te verkry.
- Die formule om te bepaal watter opsies vanuit moontlike beleggings die beste keuse is.