Afrikaans

Dis Desember. Dis vakansie! Vier dit behoorlik!

Elke jaar vind die groot trek water toe hier aan die begin van Desember plaas. Die mense is moeg, die humeure is nog kort en die son steek! Daar is lang toue motors en mense, die baba kry warm, sussie is karsiek en die kinders wil om elke hoek en…

Lees meer

NALN sluit halfeeuviering af

Skrywer: De Wet Potgieter  ʼn Feestelike naweek wag in Bloemfontein by NALN as afsluiting van die herdenking van hulle vyftigste bestaansjaar in 2023. Drie besonderse geleenthede word beplan vir hierdie afsluitingsnaweek. Die eerste van hierdie geleenthede is die sanger Coert Grobbelaar wat sy fokus op die kunslied gaan laat val.…

Lees meer

Die Proscenium Dramakompetisie

Mediavrystelling Die Proscenium Dramakompetisie is ’n splinternuwe inisiatief van die Tribuo Fonds, wat die doelwit nastreef om bemagtigting in die kunste te bevorder. Dr Leslie van Rooi, ’n direkteur van Tribuo, verduidelik: “Die Fonds is tydens die Covid-19-pandemie gebore uit die behoefte om noodbystand te verleen aan werkers in die…

Lees meer
Silwerskermfeeste

Uitmuntendheid is beloon by die jaarlikse Silwerskermfees

Die jaarlikse Silwerskermfees is ʼn wonderlike geleentheid waartydens belowende rolprentmakers, oud en jonk, en draaiboekskrywers die geleentheid kry om hulle werk ten toon te stel. Sedert die eerste Silwerskermfees het die Afrikaanse rolprentbedryf behoorlik gebloei. Vanaf Woensdag 23 Augustus tot Saterdag 26 Augustus het almal geïnteresseerd in die Afrikaanse rolprentbedryf…

Lees meer

Donkies huppel oor Kaapstadse Filharmoniese Orkes se konsert op Robertson.

Persverklaring: LK MEDIABOOK Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ‘n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15:00.   Om dié dag nog dieper betekenis te gee word die sprankelende musiekprogram ten…

Lees meer

SAFTA-toekennings – stem vir jou gunstelingsepie of -telenovela

Vanjaar se nominasies vir die Suid-Afrikaanse Film- en televisietoekennings, is op Dinsdag 8 Augustus aangekondig. Hierdie toekennings beloon plaaslike flieks, televisiereekse, akteurs, aanbieders en diegene aan die tegniese kant. Dit word deur die Nasionale Rolprent-en-videostigting aangebied. Vanjaar se SAFTA-toekennings vind oor twee aande op 29 en 30 September plaas met…

Lees meer
NATi

Suidoosterfees Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre

Persverklaring Vyf aspirant-dramaturge is gekeur om deel te neem aan NATi Jong Sterre, die ontwikkelingsprojek wat jaarliks deur Suidoosterfees, die Jakes Gerwel Stigting, Artscape en die Afrikaanse Nasionale Teaterinisiatief (NATi) aangebied word. Dié jong stemme deurloop ’n uitgebreide opleidingsprogram waartydens hulle skryfwerk ontwikkel en afgerond word. Die verhoogtekste word dan…

Lees meer

Hartklop: Tien dinge om te weet

Skrywer: Alita Steenkamp Op Dinsdagaand 18 Julie begin ʼn splinternuwe dramareeks op kykNET, Hartklop. Hierdie is kykNET se eerste mediese drama en is soortgelyk aan reekse soos Grey’s Anatomy, The Good Doctor en New Amsterdam. Die nege hoofkarakters in hierdie reeks is almal dokters, maar elkeen is op ʼn verskillende…

Lees meer
Irvine van der Merwe

Irvine van der Merwe lewe in die oomblik

Skrywer: Alita Steenkamp Hoe vervelig sou ons lewe wees sonder televisieskurke wat ons aand na aand op ons tande laat kners? Dalk onthou jy nog hoe Dallas se JR Ewing (Larry Hagman) jou laat voel het, of wat van Alexis Colby (Joan Collins) in Dynasty? Heel moontlik is dit deesdae…

Lees meer
Innibos

Innibos Kunstefees se Klankdrama-inisiatief ’n groot sukses

’n Opwindende projek waarmee vanjaar se Innibos Kunstefees afgeskop is, is die klankdrama wat op Woensdag 28 Junie in die Silver Mist Kapel op Kaapsehoop uitgesaai is. Die idee hiervoor is gebore toe Kobus Burger, RSG se programhoof, in Augustus 2022 ’n klankdramaslypskool op Kaapsehoop aangebied het as deel van…

Lees meer