fbpx

Draf Afrikaans kaf

Eksamenhulp vir graad 12- EAT-leerders

Die Best Books Eksamenoefenboek vir graad 12- Eerste Addisionele Taal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help.

Dit bevat waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van vrae in Vraestel 1.  Hierdie taaloefeninge en wenke sal worstelende en vooruitstrewende addisionele taal-leerders help om beter in die eksamen te vaar.

Die eksamenoefenboek

  • Dit bevat taaloefening, ook met verduidelikings in Engels, gebaseer op ’n verskeidenheid tekstipes.
  • Dit is saamgestel volgens die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls.
  • Dit bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding op toetse en eksamens.
  • Dit sluit ’n konsepvraestel vir Vraestel 1 in.
  • Dit bied plek vir antwoorde, maklike hersiening en verwysing.
  • Dit is saamgestel volgens die vereistes van die kurrikulum en asseseringsbeleidsverklaring en is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.

Laai Best Books Eksamenhulp gratis hier af.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.