Dit is leesmaand! Speel bordspeletjies saam met jou kind.

Om bordspeletjies as gesin saam te speel hou baie voordele in veral vir jou kind se ontwikkeling. Dit is pret, maar ook opvoedkundig en is goeie motivering om nuwe dinge te leer en besig te bly. Boonop versterk dit die verhoudings binne die gesin en lei tot beter kommunikasie. Die volgende vyf voordele word uitgelig:

Sosiale vaardighede

Jou kind leer meer van spanwerk, geduld (omdat jy jou beurt moet afwag) en sportmanskap, m.a.w. hoe om ’n goeie verloorder ook te wees.

Syfervaardighede

Talle bordspeletjies behels die tel van blokkies of spasies wanneer jy jou speelstuk op die bord moet beweeg om by die eindbestemming te kom en syferherkenning speel dikwels ook ’n rol, veral as daar met ’n dobbelsteentjie gespeel word.

Verbeter aandagspan

Dit is dikwels nodig om strategie in te span en party speletjies neem langer sodat jou kind moet fokus en vir langer tye aaneen moet konsentreer.

Kommunikasievaardighede

Verskeie soorte speletjies verg kommunikasievaardighede wat lees, skryf, teken of rolspel insluit. Dit het weer ’n impak op selfvertroue.

Kognitiewe ontwikkeling

Probleemoplossing, besluitneming en kritiese denke is almal sleutelaspekte van strategie en beplanning en maak deel uit van talle bordspeletjies.

Bron: Voordele van bordspeletjies. Klik hier

Waarin word ‘n stuiwer gegooi as jy iets te sê het oor ‘n onderwerp? Dis maar net een voorbeeld van die vrae in die bordspeletjie, Idio.

Hier is nou ’n oulike bordspeletjie as jy jou kennis oor Afrikaanse idiome so bietjie wil opskerp. Die bordspeletjie, Idio, is geskik vir 10-plussers en sal jou volgende saamkuier sommer lekker opkikker. Wees gereed vir ’n rumoerige kuier!

Idio is ook ideaal vir gebruik in skole as verrykingsaktiwiteit in die taalklas en sal vinnig selfs die traagste leerder se nuuskierigheid prikkel. Trouens, onderwysers wat reeds die speletjie aangeskaf het, vertel dat hulle leerders dikwels soebat om die speletjie te speel! Maar wees gewaarsku: Hou die klaskamerdeur en -vensters toe, want die kans is groot dat daar baie gelag gaan word. Die kaartjies kan selfs op die langpad in die motor gebruik word om die pad so bietjie korter te maak en voor jy weet het niemand kort van draad geraak nie en het julle lag-lag jul eindbestemming bereik.

Vir meer inligting oor die bordspeletjie en om te bestel, kyk hier.

Lees meer:

Die aktrise en skrywer Milan Murray en haar vennoot Charmaine Nolte besit die maatskappy, Murray&Me en skryf en gee prenteboeke in Afrikaans uit. Lees meer oor die boek, Kop in die Wolke in Kromkieriefontein wat in ’n kortfilm verwerk is vir die 2018-Silwerskermfees. Klik hier.

Om meer oor die ander prenteboeke te lees of om aanlyn te bestel, gaan kyk by www.murrayandme.co.za en ook hier.

As jy hou van woordspeletjies, is Afrikaans.com se taalpret, -trivia en kopkrappers beslis vir jou. Klik hier.

Agt van die beste bordspeletjies. Klik hier.