Die Wolkskool

Jou troefkaart teen wiskundeprobleme in jou moedertaal

Sukkel jy met Wiskunde? Wil jy jou punte verbeter? Of is jy ’n tuisskoler wat toegang tot ervare onderwysers wil hê? Dan is Wolkskool, ’n aanlyn webtuiste, net vir jou.

Wolkskool is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat wêreldgehalte onderrig in Afrikaans toeganklik maak vir elke leerder vanaf graad 4 tot 12. Boonop teen ’n fraksie van die koste van gewone ekstra klasse. Vakke soos Wiskunde, Rekeningkunde en Afrikaans Huistaal word deur middel van video’s aangebied en daar is ook werkkaarte, aanlyn assessering, memorandums en eksamenvoorbereiding beskikbaar. Inhoud word opgedeel en gestruktureer volgens temas en onderwerpe om leer optimaal te ondersteun. Interaktiewe, lewendige vraag- en antwoordsessies is ook beskikbaar. Ouers ontvang gereeld vorderingsverslae om op hoogte bly van hul kinders se vordering.

Die voordele:

  • Jy leer in jou taal.
  • Jy leer by kenners.
  • Met die 24 uur per dag hulp beskikbaar, is dit dié oplossing vir jou wiskundeprobleme.
  • Vraestelle, werkkaarte, memorandums en aanlyn assesserings is beskikbaar.
  • Hersiening met die “op”-aanvraag-opsie.

Om aan te sluit:

Gaan na die Wolkskool-webtuiste en volg die aanwysings.

Besoek ook die Skole Ondersteuningsentrum