Jy wil graag verder studeer, maar geld is skraps. Daar is heelwat hulp daarbuite, maar maak seker jy doen betyds aansoek sodat jy die toekoms kan hê wat jy verdien en waarvoor jy hard gewerk het.
Onthou: ’n Beurslening verskil van ʼn beurs. ʼn Beurs verwys na geld wat jy nie hoef terug te betaal nie, behalwe as jy jou studies staak. ’n Beurslening (byvoorbeeld US- of NSFAS-beurslenings) is geld wat jy ná afloop van jou studies (hetsy deur voltooiing of staking daarvan) moet terugbetaal.