ATKV-Moedertaalfees 2018 – Wanneer jou kind in sy moedertaal leer …

Die ATKV-Moedertaalfees het op 15 September by die Universiteit van die Wes-Kaap in Bellville plaasgevind en Afrikaans.com kon saamwerk om hierdie dag ’n groot sukses te maak.  Die Moedertaalfees word jaarliks aangebied en is deel van die ATKV-#MyTaal-veldtog. Die ATKV se Skitter-in-Afrikaans-werkswinkel het graad 1 tot 7-Afrikaansonderwysers bemagtig met inligting en nuttige tegnieke wat hulle op ’n praktiese manier in hul klaskamers kan toepas.

Onderwysers vertel …

Die Skitter-in Afrikaans-werkswinkel is vir beide grondslag- en intermediêre fase-onderwysers en die dag was volgeprop met interessante aanbiedinge deur Christien Neser, Betsie Klopper en Jana Luther (VivA).  Van die interessante onderwerpe was onder meer: remediëring van lees, die ontwikkeling van leesbegrip en woordeboekgebruik. Na die werkswinkels is ouers en leerders genooi om saam te luister na die feite rakende moedertaalonderrig en Afrikaans.com se René Arendse het belangrike inligting gedeel en bewusmaking geskep van die nuttige hulpbronne wat op die webtuiste beskikbaar is.

LAPA-uitgewers en Afrikaans.com het uitstallings gehou en elke onderwyser het weggeloop met ’n sertifikaat vir bywoning en skole het die Afrikaans.com-moedertaalpakkette ontvang. Klik hier om van hierdie nuttige hulpbronne af te laai.

Om onderrig in jou moedertaal te ontvang is ‘n fees, maar so ook is die jaarlikse Moedertaalfees!

Kyk hier …

Die passievolle Christien Neser, ‘n geregistreerde spraakterapeut en gerekende outeur verduidelik waarom moedertaalonderrig meertaligheid bevorder.

Gerswin Cupido, onderwyser en gemeenskapswerker van Albertinia, gesels met René Arendse oor die belangrikheid van moedertaalonderrig in sy gemeenskap.

Kyk hier vir nog skakels:

1) Christien Neser – Spraakterapeut

Wie was almal daar …