Ace it!-studiegidse vir graad 8 tot 12:

Alles wat jy nodig het om uit te blink

Eksamentyd is stresvol en leerders het al die hulp moontlik nodig om suksesvol te wees. Afrikaans.com het die volgende studiegidse raakgeloop.

Die Ace it!-studiegidse vir graad 8 tot 12 help jou om goed te doen in elke vak. Elke Ace it!-studiegids is ooreenkomstig die KABV- (CAPS) en die Onafhanklike Eksamenraad-(IEB-) kurrikulums ontwikkel om leerders se individuele leerstyle te pas terwyl dit steeds al die belangrike konsepte en vaardighede dek.  Dit maak dus nie saak watter skool jy bywoon nie. Die studiegidse kan die hele jaar saam met skoolhandboeke en onderwysers se aantekeninge gebruik word en is uitstekend vir hersiening net voor die eksamen.

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamen benodig word gedek en jy kan teen jou eie pas die jaar se leerplan dek.

Studiegidse is beskikbaar in Afrikaans en Engels en sluit onder andere in: Afrikaans Eerste Addisionele Taal (FAL – First additional language), Besigheidstudies, Fisiese Wetenskappe, Geografie, Geskiedenis, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Toerisme, Wiskunde, isiXhosa, isiZulu, Setswana, Ekonomiese & Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe, Tegnologie en English (FAL).

Eksamengidse bevat:

  • Visuele opsommings: Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en leer.
  • Voorbeelde van eksamenvrae: Sodat jy kan oefen, oefen, oefen.
  • Nuttige riglyne vir nasienwerk: ’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, help leerders om die vrae beter te beantwoord.
  • Vinnige vasvrae: Na elke afdeling om begrip te toets.

Wat jy kan verwag wanneer jy ’n Ace it!-studiegids gebruik: Een voorbeeld:

Ace it! Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW), Graad 8, vereenvoudig die inhoud wat leerders dikwels ingewikkeld vind. Die studiegids bevat aktiwiteite wat op sekere punte van die inhoud noukeurig ontwikkel is. Dit maak dit vir die leerder moontlik om sy/haar begrip van ’n spesifieke konsep na te gaan voordat daar na die volgende gedeelte oorgegaan word. Op die manier word ’n sterk grondslag vir verdere studie gevestig.

Die gidse is beskikbaar by goeie boekwinkels en kan ook aanlyn bestel word. Pryse wissel.

Lees meer oor die Ace it!-studiegidse hier

Vir ’n lys van wat beskikbaar is, klik hier

Lees ook hier hoekom studiegidse ’n goeie idee is.

Vir leer- en onderrighulp, klik hier

Vir leer- en onderrighulp op skool, klik hier

Lees ook hoe goeie studiemetodes jou kind selfvertroue gee. Klik hier