fbpx

4 November 2019

Wil jy ‘n boek skryf?

Vind uit wat is die geheim

Hulle sê daar is ten  minste een boek in elke mens. Almal het ‘n storie wat wag om vertel te word. ‘n Storie wat iemand anders se lewe kan verander of iemand tot ander insigte bring of sommer net ‘n storie waarin ‘n leser hom of haarself herken en wat ‘n mens so ‘n bietjie minder alleen laat voel.

Kyk jy na die groter prentjie is daar duidelik drie belangrike bestanddele wat ‘n boek op die rak kry. Die storieverteller het ‘n begin in gedagte, die skrywer het motivering om te gaan sit en die storie voluit sy gang te laat gaan, en elke storie het ‘n einde. Dit klink maklik! Maar wanneer dit kom by storievertel is daar baie stappe tussenin wat sukses sal verseker.

Bekende skrywer, Mark Twain, het gesê skryf is maklik – jy begin net skryf en dan vee jy die verkeerde woorde uit … wel, as dit maar so maklik was!

Afrikaans.com - Jeff Goins

Jeff Goins, skrywer van verskeie topverkopers, gee in ‘n onlangse blog tien wenke wat jou nader aan jou droom kan bring.

Tien wenke

  1. Besluit waaroor jou storie gaan.
  2. Stel ‘n doelwit en besluit hoeveel woorde jy per dag wil skryf.
  3. Besluit hoeveel tyd jy daagliks aan boekskryf gaan afstaan en beplan jou dag daarvolgens.
  4. Kies ‘n spesifieke plek waar jy elke dag kan sit en skryf.
  5. Besluit hoeveel woorde jy in totaal wil skryf.
  6. Gee jouself weeklikse spertye.
  7. Kry van die begin af terugvoer van iemand wat jy vertrou.
  8. Dit maak nie saak hoe onseker jy voel nie, verbind jouself van meet af aan om die boek vir ‘n uitgewer te stuur.
  9. Maak vrede met die feit dat jou eerste poging nie noodwendig suksesvol sal wees nie, maar dat jy sal aanhou probeer totdat jy suksesvol is.
  10. Sodra jy jou eerste boek geskryf het, begin jy met jou tweede …

So kry jy jou storie op die rak …

Of jy nou romans, novelles, radiodramas, kinderstories of tydskrifartikels wil skryf, daar is deesdae talle skryfkursusse beskikbaar – sommige aanlyn en ander wat jy moet bywoon. Afrikaans.com plaas die kollig op een van die talle opsies: Skryfgeheime.

Wanneer jy inskryf vir ’n Skryfgeheime-kursus  is die kanse goed dat jy kort voor lank met jou eie boek in die hand gaan staan. Die kursus word aanlyn (per e-pos) aangebied. Dit maak dus nie saak waar jy jou bevind nie, solank jy toegang tot ’n rekenaar en die internet het, kan jy die kursus voltooi – en boonop teen jou eie pas. Bekroonde skrywers is die mentors – jy weet dus dat die raad, kommentaar en leiding uit praktiese ondervinding spruit.

Hoe werk die kursusse?

Die kursus lei jou stapsgewys van die vind van ’n geskikte storie-idee tot en met ’n voltooide manuskrip, gereed vir voorlegging aan ’n bona fide-uitgewer. Verder ontvang jy na voltooiing ’n sertifikaat om by jou CV te voeg. Dus:

  • Elke kursus bestaan uit modules, met elke module wat ’n belangrike aspek van die skryfkuns dek.
  • Elke module lei jou stap vir stap na die eindproduk.
  • Elke module het ’n werkstuk wat jy voltooi, waarna jy dan individuele terugvoer ontvang.
  • Terugvoer is kundig,  gedetailleerd en maklik verstaanbaar.
  • Jou mentor werk direk op jou skryfstukke met deeglik gemotiveerde redes vir kommentaar.
  • Persoonlike kontak met ’n kundige dra by tot sukses.

Die volgende kursusse is beskikbaar:

* Praktiese Kreatiewe Beginnerskursus:  (4 modules)      

Spesifiek vir beginnerskrywers en hoërskoolleerders.

Klik hier

* Algemene Kreatiewe Skryfkursus:  (8 modules)

Vir kortverhale, tydskrifstories, novelles en romans.

Klik hier

* Kursus in Tydskrifjoernalistiek:  (8 modules)

Leer skryf tydskrifartikels en foto-artikels.

Klik hier 

* Kinder- en jeugboekkursus:  (10 modules)

Dié kursus vir die skryf van boeke vir kinders van 8 – 14.

Klik hier

 * Prenteboekkursus:  (7 modules): 

Geniet jy rym en ritme? Leer skryf vir kinders van 2 – 5.

Klik hier 

* Slyp-jou-skryfstyl-taalopknapper  (selfdoenkursus):     

Teoretiese gedeeltes afgewissel met take en uitgewerkte memoranda, ook geskik vir hoërskoolleerders.

Klik hier

Gaan kyk by www.skryfgeheime.co.za hoe jy moet maak om in te skryf, asook die koste en betaalopsies aan elke kursus verbonde, en begin sommer vandag jou skryfreis.

Gaan kyk ook hier:

Vir ’n lys van beskikbare skryfkursusse op SA Vryskutskrywer se portaal. Klik hier

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.