Wêreldgesondheidsdag – ons vier die Voortrekkers

Van koers hou deur die veld, tot navigeer deur die landskappe van Suider-Afrika, kweek die Voortrekkers goed toegeruste en gesonde jongmense vir die werklikhede van vandag en uitsonderlike leiers vir die uitdagings van môre.

Wêreldgesondheidsdag is vanjaar op 7 April gevier. Dié dag is ingestel deur die Wêreldgesondheidsorganisasie en het ten doel om bewusmaking te skep oor die belangrikheid van gesondheidsorg wêreldwyd. Vanjaar se tema is ‘Gesondheid vir almal’. Dit belig die feit dat meer as die helfte van ons aardbewoners nie toegang het tot basiese gesondheidsorg nie.

Ons almal se gesondheid is vir ons kosbaar en dit kan nooit as vanselfsprekend aanvaar word nie. ’n Gesonde leefstyl is die hoeksteen van ’n gesonde lewe en ons almal weet dat ons so vroeg as moontlik gesonde keuses moet maak en sekere besluite moet neem wat bydra tot ons algehele gesondheid en lewenskwaliteit. Een organisasie wat ingestel is daarop om kinders liggaamlik en geestelik op te bou en gesonde lewensbesluite aanmoedig, is die Voortrekkers

Wie is die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is ‘n Afrikaanse jeugkultuurbeweging met lede so ver as Namibië. Laerskoolkinders, hoërskoolleerders en jong volwassenes word in spanverband aangemoedig om die Voortrekker ABC – Afrikanerskap, Christenskap en Burgerskap –  uit te leef en leierseienskappe te ontwikkel wat tot jou suksesvolle menswees bydra. Voortrekkerbeginsels is geanker in die ontwikkeling van die volle mens se volle potensiaal en moedig jong, moderne, Afrikaanse Suid-Afrikaners aan om gesond te leef, as leiers te ontwikkel met ’n stewige fokus op kennis en die waardering van die natuur.

Die Voortrekkers het reeds in 1931 in Bloemfontein ontstaan as ‘n Afrikaanstalige alternatief vir die Engelstalige Boy Scout-beweging.

Lede op laerskool staan bekend as penkoppe (seuns) en drawwertjies (dogters). Die hoërskoollede staan bekend as verkenners. Jong volwasse lede tussen die ouderdom van 18 en 35 vorm deel van die staatmakers.

As jy moeg raak vir die lewe in die stad …

Die lekkerste lekker van Voortrekkerwees is die kampe wat reg deur die jaar aangebied word. Dit is gerig op die ontwikkeling van persoonlike selfstandigheid en groei.  Dit is waar lede kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Kinders kry kans om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind en laataand om ’n kampvuur te kuier.

Die Voriemôl

Die Voortrekkers het hul eie winkel wat ‘n jaar gelede amptelik hul deur oopgestoot het. Die Voriemôl is ‘n eietydse ekonomiese enjin wat ook help dat ledegeld eerder op grondvlak vir kinders en die groei van plaaslike Voortrekkers aangewend kan word.

Die Voriemôl is geleë in Pierneefstraat 902 in Pretoria en hou alles aan wat ‘n Voortrekker se hart begeer.  Kreatiewe aktiwiteitspakkies vir vlytige Voortrekkerspanne soos mosaïekwerk, lapverf, verf van Voortrekkerwapens, touwerksakkies, ’n groot reeks legkaarte, speletjies tot splinternuwe speelkaarte. Voortrekkerhempies, wolmusse, hoede, pette, warm baadjies tot fietsryhemde is hier beskikbaar.

Die Voriemôl  spog ook met unieke en oulike Afrikaanse geskenke.  Van middernagfeespakkies, Voortrekkerkombersies, bekers, Voortrekkermesse, slaapsaksakke, veldrugsakke en nog baie meer.  Dit is nie eers nodig om die Jakarandastad te besoek om by die Voriemôl in te loer nie. Voortrekkers, ouers en vriende van Kaapstad tot Windhoek is net klikafstand ver. Klik hier.

Kontakinligting

Webwerf: www.voortrekkers.co.za

Facebook: Die Voortrekkers

Hoofkantoor: (012) 329 6011

Kaapland Gebiedskantoor:  086 122 3423

Namibië Gebiedskantoor:  (00264 67) 30 4559

Transvaal Gebiedskantoor: (012) 430 3914

Vrystaat Gebiedskantoor: (057) 352 6746

Sporelied – Jak de Priester en Beeskraal