Vroue vir Afrikaans – Sophia Kapp

Sophia Kapp – taalghoeroe geanker in die liefde

“Sophia Kapp skryf oor die liefde, oor alle aspekte daarvan …”

Sophia Kapp skryf oor die liefde, oor alle aspekte daarvan. Haar heldinne is sterk vroue, vroue wat onwrikbaar glo in die liefde, wat weet, ten spyte van al die swaarkry, dat vervulling lê in wat hulle is en nie in wat hulle kry nie. Daar is altyd hoop, en daar is altyd lig.

Sophia se eerste liefdesroman – Die erflating – is in 2007 gepubliseer en is met die ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans bekroon. Sy het dieselfde toekenning vir Huis van die wind en Driehoek ontvang.

Sy het ’n MA-graad in tale aan die destydse UOVS voltooi en ’n akademiese loopbaan gevolg, maar ook tussendeur ander interessante werke gedoen soos die van barista en boekhouer in die bank.

Haar jongste boek, Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva het behoorlik lesers aan die gons en aan die giggel. Dit is Sophia se negende boek. Sophia doen waardevolle werk as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) – ‘n gratis diens vir almal wat enige taalnavrae oor Afrikaans het en staan so haar plek vol as ’n vrou vir Afrikaans.

Alita Steenkamp het by Leriba Lodge in Centurion met Sophia gesels.

SKAKELS:

Webwerf: www.onsetv.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/onsetv/

Twitter: @Onse_Televisie