Vroue vir Afrikaans – Marga van Rooy

Marga van Rooy – Vrou uit een stuk

“Aanhou, uithou, bekhou …”

Die gesoute aktrise Marga van Rooy het met die jare op die kassie en verhoog en ook op die grootskerm in talle Suid-Afrikaners se harte gekruip. Ons ken haar veral as Ella, die nimlike Worsie se ma in die immergewilde TV-sitkom “Vetkoekpaleis” wat vanaf 1996 tot 2000 kykers weekliks laat skater het en as Tossie, die bose Krynauw se ma, in die TV-reeks, “Egoli”.

Marga van Rooy het twee BA-grade en ’n honneursgraad in drama (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy begin haar loopbaan as aktrise in 1960 by die destydse TRUK, maar was met die jare ook by ander uitvoerende kunsterade betrokke. Sy is vir talle pryse benoem en in 1995 ontvang sy die nasionale FNB VITA-toekenning vir die beste dramaturg gebaseer op haar debuutopvoering, Die Pakkamer. Sy ontvang ook ’n VITA vir Beste ondersteunende aktrise vir Die groot wit roos deur Pieter Fourie.

Van die bekendste films waarin Marga te siene was, is Fanie Fourie’s LobolaDie Windpomp en Vrou soek boer. Marga was ook bekend vir haar talle eenvrou-vertonings waarmee sy deur die land getoer het.

Marga het saam met haar dogter, Henriëtte, die aangrypende boek, Marga & Henriëtte, in die skadu van skisofrenie, geskryf. Gaan lees gerus die resensie by LitNet.

Marga is op 15 Januarie 2017 aan kanker oorlede.

SKAKELS:

Webwerf: www.onsetv.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/onsetv/

Twitter: @Onse_Televisie