Vroue vir Afrikaans – Karen Meiring

Karen Meiring is ‘n vrou vir Afrikaans.

“ ‘n Vrou so na aan die Afrikaanse hart.”

kykNET se Karen Meiring sit nie stil nie – selfs nie in haar blou stoel nie!

Karen Meiring is die direkteur van Afrikaanse kanale by DStv en sy het ‘n sentrale bydrae gelewer tot die stigting en sukses van die KKNK. Sy het kykNET uitgebou tot ‘n dominante kanaal op DStv, sy is die stigter en dryfveer agter die Silwerskerm Filmfees, sy het die Fiësta-toekennings gestig (wat vandag die gesogste toekennings in Afrikaanse teater is) en sy sorg dat kykNET talle Afrikaanse kunstegeleenthede, asook Afrikaanse vollengte rolprente, ondersteun.

Karen Meiring is ’n vrou vir Afrikaans en dus ’n vrou na aan ons hart.

Pieter Cloete het met haar gesels by Oppikoppi 2016.

SKAKELS:

Webwerf: www.onsetv.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/onsetv/

Twitter: @Onse_Televisie