fbpx

Video van die week

Teksredaksie – ‘n Woord wat verras

Teksredaksie verken alle aspekte van geskrewe Afrikaans en as jy met met Afrikaans werk of bloot net belangstel in die verskillende aspekte van taal, is hierdie nuwe webblad beslis vir jou.

Die bekende taalghoeroe Jana Luther, onder meer redakteur van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT6), is die redakteur van dié nuwe projek wat ten doel het om taalpraktisyns wat in Afrikaans werk, te ondersteun.

By www.teksredaksie.co.za word daar sedert Oktober 2019,  inhoud geskep en gedeel vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met veral geskrewe Afrikaans werk. Teksredaksie het nou ook hul eie  podsendkanaal, Afrikaans Vandag. Lees meer hier en kyk hoe oulik verduidelik hulle hoe jy die woord “aanspreek” kan vervang.

Het jy geweet dat die woord “aanspreek” net gebruik word wanneer jy met iemand praat, bv. iemand kortaf of vriendelik aanspreek, as jy iemand se titel gebruik en byvoorbeeld as “doktor” aanspreek, of as jy met ‘n persoon raas of hom berispe? Kyk hier ...

2019

Video van die week…

Skoonheid kom van binne

Severs Jooste van Prince Albert het ‘n tragiese motorfietsongeluk oorleef. Dit het ‘n merk gelaat, maar ook ‘n geskenk … om die dieper skoonheid raak te sien.

Kyk die video hier:

Kyk nog sulke video’s by www.patreon.com/greenrennaissanceJy kan ook die spesiale projek ondersteun.

Antoinette Pienaar vertel jou haar lewensgeheim

Dit sal beslis nie verkeerd wees om na Antoinette Pienaar as volksbesit te verwys nie. Sedert sy vir die eerste keer in 2003 haar kruierate op RSG met die luisteraars begin deel het, is sy, soos die pleister in jou noodhulpsakkie, onmisbaar!

Vir haar is die Karooplaas waar sy bly, Theefontein, dáár waar die Man-berg (met sy manlike energie) en Vrou-berg (met haar vroulike energie) sorg vir die nodige balans in haar lewe, waarlik die Paradys. Dis hier waar sy nou al vir amper 20 jaar haar kennis oor Karookruie bymekaarmaak en aan die knie van oom Johannes, alles leer. Waar sy elke dag verstom staan oor die wonderlike langwerkende resultate wat die kruiemedisyne lewer, sonder enige van die newe-effekte van laboratoriumvervaardigde medikasie.

Sy deel haar lewensgeheim met jou. Kyk hier:

Kyk nog sulke video’s by www.patreon.com/greenrennaissance. Jy kan ook die projek ondersteun.

‘n Huldeblyk – Johannes Kerkorrel

Johannes Kerkorrel (Ralph John Rabie) is op 12 November 2002 oorlede. Hy was 42 jaar oud. Sy enorme bydrae tot die Suid-Afrikaanse musieklandskap is sonder vergelyk.

Kyk die Wasgoedlyn-huldeblyk hier:

“Ons is oud, maar nog nie koud!”

Kyk hoe speel die oumas sokker!

Vir die Golden Oldies oumas is ouderdom net ‘n nommer! Hulle maak maats, lag en speel saam, want “om vriende te hê is om te lewe …”

Kyk nog sulke video’s by www.patreon.com/greenrennaissance. Jy kan ook die projek ondersteun.

Elandré – Afrikaans sal bly

“Afrikaans is meer as ’n taal …”

Tannie Poppie en haar roosterkoeke gaan Italië toe

Lees tannie Poppie se storie hier.

The Voice-wenner, Tache Burger, se eerse musiekvideo is hier

Tolla van der Merwe se storie oor die tandarts

’n Legende op sy beste!

Carpe Diem – Maggie Fourie van De Rust gryp die dag!

Hoewel elke dag nie altyd die beste is nie, is daar iets goed in elke dag. Maggie Fourie is ’n inspirasie. Sy is al lank reeds op aftree-ouderdom, maar haar lewenslus en dryfkrag is sonder perk.  Hierdie video is deel van die Green Renaissance-reeks op Patreon.com wat inspirasievideo’s vervaardig met die hulp van massabefondsing. Lees meer oor hulle hier.

Plonks! ‘n Nataniël-storie om jou dag op te kikker

Sy Afrikaans is so soet op die tong soos sy nartjies.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.