‘n Feestafel gedek met Afrikaans, kultuur en ‘n groot skeut erfenis

Op 29 en 30 Junie het die jaarlikse Snoek-en-Patatfees weer besoekers van heinde en ver gelok om te smul aan die plaaslike lekkernye en hierdie ryk Weskus-erfenis te vier.

Lees meer oor die fees hier.

Ons was vanjaar daar en René Arendse, Afrikaans.com se gemeenskapskoördineerder, het die gees van hierdie kultuurfees ontdek en besef dit is veel meer as die varsgebraaide snoek, roosterkoek en die soetste vuuroondgebakte patats. Kultuur en erfenis is die belangrikste bestanddele. Dit snoer hierdie spesiale gemeenskap saam en is die grootste rede waarom hierdie  suksesvolle fees uit sy nate bars.

Kyk hier …

Joseph en Maria Smith smul aan hul snoek en patat.

Johnathan en Charmaine Claasen kom elke jaar en vier hulle huweliksherdenking hier. Geluk op jul 9de jaar!

Dit is John en Mary-Ann van Wyk van die Kaap se tweede jaar dat hulle die fees bywoon. Hulle hoogtepunt is die vermaaktent.

In die kombuis is dit lekker warm!

Goedverwacht het gespog.

Feesgangers kon kies en keur uit honderde stalletjies.

Elizabeth saam met haar dogter, Colette Smith.

Die trompoppies van Porterville het feesgangers met hul toertjies vermaak.

Die reën en koue het nie die gees gedemp nie… duisende mense het die fees besoek.

Die ATKV is ‘n trotse borg. Hier staan Benjamin Bok, Minnie Cupido, Rene Arendse en Elize Fortuin.

Anisha Kotze en Garcia Oliphant van Clanwilliam sê by die fees is Afrikaans absoluut onmisbaar.

Die rieldansers van Elizabethfontein is altyd ‘n treffer.

Diazville blaasorkes van Saldanha saam met hul afrigter Anthea Boks en Rene Arendse van Afrikaans.com.

Ma en dogter -Karin en Carlene Moorrees werk as amptenare tydens die fees.