fbpx

Skryfkompetisies 2020

Deelname aan skryfkompetisies is ‘n manier om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs ‘n prys los te slaan. Hier volg ’n hele rits moontlikhede asook kompetisies spesifiek gerig op leerders.

Skryf ‘n liefdesbrief vir Valentynsmaand

Skryf ’n liefdesbrief in Afrikaans aan ’n verlore of anonieme geliefde en kom in aanmerking vir ’n boekpakkie. Die beste verhale sal op LitNet gepubliseer word. Jou inskrywing moet jou eie ongepubliseerde, oorspronklike werk wees. Inskrywings mag nie 600 woorde oorskry nie.

Sluitingsdatum:  12 Februarie 2020

Kry nog besonderhede hier

LAPA Uitgewers se liefdesverhaalkompetisie

2019/2020 Die liefde in jóú se Afrikaans

Liefde is ’n universele taal, maar klink darem net lekkerder in jou eie dialek of variëteit. Persone bo 18 mag inskryf en die sluitingsdatum is op 3 Februarie 2020.

Lees meer hier

2020: Poësiekompetisie

Kreatio en Groep 7 Drukkers

Neem deel aan Kreatio se 2020-poësiekompetisie! Elke digter mag drie gedigte inskryf (een gedig per onderwerp). Lees die kompetisiereëls en meer inligting hier

Die sluitingsdatum is 31 Maart 2020

Bloemfonteinse Skrywersvereniging

2020 Skryfwedstryd

Die nuwe BSV-jaar is weer propvol hoogtepunte, met hul 50ste verjaardagvieringe een daarvan. Hul skop af met die jaarlikse Skryfwedstryd, sedert 1979 ‘n instelling waarna menige volbloed- en aspirant-skrywers uitsien.

Die wedstryd, trots geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat die pos ontvang, beloof om weer ‘n goeie oes inskrywings en heerlike stories op te lewer.

So, as die familie jou begin frustreer en die sonbrand jou verhoed om jou neus by die deur uit te steek, laai gerus die wedstrydpamflet en inskrywingsvorm/s af en begin skryf! Die sluitingsdatum is 11 Mei.

BSV Skryfwedstrydpamflet 2020 Finaal

Inskrywingsvorm 2020 ope afdelings

Inskrywingsvorm 2020 Jnr & Snr

RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook ‘n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.

Sluitingsdatum:  Gewoonlik einde Junie.

Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER

KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Carly, se 2014-RSG-weninskrywing.

Afri-fiksie:  Jaarliks

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Klik hier vir meer inligting

Citi Press-Tafelberg-niefiksieprys

Nuwe en gevestigde skrywers word genooi om voorleggings in te dien vir die City Press-Tafelberg-niefiksieprys, Suid-Afrika se grootste prys vir die ontwikkeling van niefiksiemanuskripte vir publikasie.

Die prys word tweejaarliks toegeken, met prysgeld van R120 000.

Hiermee word die tradisie voortgesit van niefiksie wat Suid-Afrikaanse werklikhede op ’n insiggewende manier interpreteer en uitbeeld, en stof tot nadenke bied. Die doel is om die wenner in staat te stel om navorsing te doen en ’n boek te skryf wat nuwe lig werp op ’n onderwerp van belang binne die Suid-Afrikaanse konteks, ongeag genre.

Sluitingsdatum: 31 Julie 2020

Lees meer

Skryf so in

Lapa se Jeugboekkompetisie 2020

Lapa Uitgewers bied weer hulle jeugromankompetisie aan. Inskrywings moet oorspronklike werk wees, geskryf in Afrikaans, 30-70 000 woorde lank en gerig op 12-18-jariges. Geen onderwerpe of temas word voorgeskryf nie. Lees die inskrywingsbesonderhede aandagtig.

Kontantpryse: R50 000 in totaal.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2020.

Hou www.lapa.co.za dop vir inskrywingsvorms.

AVBOB-gedigtekompetisie

Stuur ‘n gedig in enige van ons 11 landstale met die tema “Ek wens ek het dit gesê” as riglyn. Vra jouself af of iemand wat ‘n persoonlike verlies gely het daardeur opgehef sal word en daarmee sal identifiseer. Die kompetisie loop tot 30 November 2020. Inskrywings open 1 Augustus.

Hoe om in te skryf

Poort-skryfkompetisie – jaarliks

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.

Die kompetisie vind jaarliks plaas. Hou hul webtuiste dop vir inskrywingsvorms. Klik hier

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd – 2021

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.   

Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.

Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm is aflaaibaar hier. Skrywers se navrae kan telefonies gerig word aan 021 406 3412 of per e-pos aan romanwedstryd@nb.co.za.

Woordfees-kortverhaalbundel 2021

* Elke skrywer wie se verhaal in die bundel opgeneem word, ontvang R5 000.

* Die skrywer van die wenverhaal ontvang prysgeld ter waarde van R30 000.

* Daar sal ongeveer 25 verhale in die bundel gepubliseer word.

* Een verhaal word gekies vir verfilming vir die Silwerskermfees.

Slegs Afrikaanse kortverhale. Slegs een inskrywing van 1 500 tot 3 000 woorde per skrywer.

Slegs nuutgeskrewe verhale wat nog nie op enige platform gepubliseer is nie. Eie temas.

Sluitingsdatum: 30 September 2020

Kry meer inligting hier

Hou www.skryfgeheime.com dop vir nog kompetisies en inskrywingsbesonderhede en laat weet ons van enige ander skryfkompetisie sodat ons dit by ons lysie kan voeg. Stuur ‘n e-pos aan myafrikaans@afrikaans.com

Wys jou staal

Daar is min dinge so lekker as om beloon te word met ‘n toekenning vir sukses as jy jou staal gewys het. Klik gerus op die skakels hier onder vir meer inligting oor die talle kompetisies wat elke jaar landwyd vir leerders aangebied word. Skryf en laat weet ons by myafrikaans@afrikaans.com van enige kompetisies wat dalk nie op hierdie lys voorkom nie.

Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging

https://www.atkv.org.za/

Bykans ‘n derde van die ATKV se magdom kultuurprojekte is spesifiek gerig op skole en leerders; en sluit ‘n paar kompetisies in. Die fokus is musiek, sang, toneel, debat en taalvaardigheid: Applous, Komposisie-kompetisie, Rapport Kore-kompetisie, Tienertoneel, Handevat, Redenaars, Debat, Animato en die Afrikaans-Olimpiade. Benewens die Olimpiade, wat sy eie skakel het, is meer inligting (ook oor hoe om in te skryf) oor al die ander kompetisies op een blad beskikbaar.

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge

http://www.fak.org.za/

Die FAK bied jaarliks die Afrikaanse Skole-ekspo aan vir leerders in Suid-Afrika en Namibië. Dit is ‘n elektroniese kompetisie wat op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans fokus.

Litnet: Kuberklas Kreatief

http://www.litnet.co.za/

Vir diegene wat nog altyd daarvan gedroom het om hul skryfwerk te publiseer, bied Litnet ‘n kuberklas vir talentvolle leerders aan. Jy handig jou skryfwerk in en dan word dit gelees en dalk gekeur vir publikasie.

Nasionale Skynhofkompetisie vir Skole

http://www.up.ac.za/

‘n Redelike jong kompetisie (in 2012 vir die eerste keer gehou) wat aan leerders geleentheid bied om hul navorsings-, skryf- en mondelinge forensiese vaardighede te ontwikkel. Die kompetisie is daarop gemik om bewustheid en begrip van die Grondwet en die waardes wat dit beliggaam, in skole en gemeenskappe te verskerp. Debatte kan in enige van die amptelike tale gevoer word.

Skryfgeheime: Skryfkompetisies

https://www.skryfgeheime.com/
gratis/skryfkompetisies/

Skryfkompetisies

Suid-Afrikaanse Taalbond

http://www.sataalbond.co.za/

Die welbekende jaarlikse Taalbond Tweetaligheidseksamen bestaan reeds sedert 1953. Benewens inligting oor hoe om vir die eksamen in te skryf, is daar ook skakels na vorige eksamenvraestelle. Die name van vorige jare se toppresteerders word ook op die webblad gepubliseer.

US Woordfees: Woorde Open Wêrelde (WOW)

http://woordfees.co.za/inhoud/wow/meer-oor-wow

‘n Uitvloeisel van die US se Woordfees op Stellenbosch, met ‘n kompetisie in spelvaardighede as hooffokus om taalvaardigheid in veral armer gemeenskappe te bevorder. WOW sluit ook ander projekte in, soos die ontwikkeling van skoolkoerante, verf-en-vers-werksessies en gesprekke met skrywers. Die program strek oor die hele jaar.

Van Huyssteens Onvoorbereide Redenaarsfees

https://www.facebook.com/Van-Huyssteens-Oratorical-Festival-355225294506012/
OF
Kontak: gielie@gieliehofmann.co.za

’n Redenaarskompetisie vir hoërskoolleerders.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.