fbpx

29 Oktober 2019

Prince Albert Leesfees 2019

Kyk met nuwe oë

Die Prince Albert Leesfees word vanaf 1 –  3 November 2019 in die Jans Rautenbach Schouwburg gehou. Dit is vanjaar reeds die agste keer dat hierdie viering van boeke, stories en gedigte aangebied word en soos altyd is die program propvol.

Vanjaar se tema is: Kyk met nuwe oë. Volgens die feesorganiseerders is dit tydig omdat die fokus op aardverwarming en die impak van klimaatsverandering ons almal raak. Is ons bewus van die wêreld om ons … en sy wonders? Hierdie en ander kwessies kom vanjaar onder die loep.

Waarna kan jy uitsien?

Vrydag, 1 November

Slypskool: Die kuns van kinderboeke

Kom ontdek hoe die kuns van kinderboeke jou vlerke gee. Dr Mia Oosthuizen bied die slypskool aan. Temas wat behandel sal word, sluit in: Hoe skryf ’n mens vir kinders? Wat is die kenmerke van ’n goeie kinderboek? Hoe maak ek kinders lief vir lees?

Slypskool: Ek het ’n storie geskryf, nou wat?

Wanneer is my storie klaar? Waarheen stuur ek my storie? Hoe maak ek ʼn goeie voorlegging aan ʼn uitgewershuis? Wat van selfpublikasie? Dr Mia Oosthuizen kom deel haar kennis en beantwoord al jou vrae sodat jy ʼn doelgerigte pad kan stap na die vervulling van jou skryfdrome.

Harmonie tussen mens, dier en aarde

Die  bekendstelling van Prince Albert-fotograaf Louis Botha se derde boek, N/a’an ku sê. Louis en dr Rudie van Vuuren, stigter van die N/a’ankusê Stigting, ’n liefdadigheidsorganisasie wat hul wy aan die bewaring van die omgewing, kultuur en wildlewe van Namibië, sal in gesprek wees met bekende Suid-Afrikaanse omgewingskundige, Dave Pepler. (Afrikaans en Engels)

Saterdag, 2 November

Zephany: Twee Ma’s. Een Dogter

Miché Solomon (Zephany) en skrywer, Joanne Jowell, bespreek Miché se merkwaardige storie met Vanessa Botha. (Afrikaans en Engels)

Digkuns

Pieter Hugo (Alchemie van my muse) en Hannes Visser (Die jaar toe Pa…gesels met mekaar oor hul onderskeie debuut-digbundels

Tannie Maria Returns – Death on the Limpopo

Sally Andrew gesels oor haar derde Tannie Maria krimi, Death on the Limpopo met Barbara Castle, skrywer van Finding My Own Way… to Happy and Gay. (Engels)

The Longest March

Bekroonde skrywer, Fred Khumalo, bespreek sy jongste historiese roman, The Longest March, met Jennifer Cohen. (Engels)

See things differently

Melissa A VolkerA Fractured Land and Shadow Flicker & Dawn Garisch, Breaking Milk, bespreek hulle werk met skrywer, redigeerder, literêre kritikus en uitgewer, Karina M Szczurek. (Engels)

Skarlakenkinders

Twee van Afrikaans.com se ambassadeurs, Anzil Kulsen en Nadine Blom gesels oor hulle roman oor mensehandel met Vanessa Botha.

Die verevrou

Jan van Tonder in onderhoud met Pieter Hugo oor sy nuwe boek, Die verevrou, ‘n epiese roman wat strek oor dekades en kontinente heen.

Innie Shadows

Olivia Coetzee gesels oor haar debuut- misdaadriller, Innie Shadows, geskryf in Kaaps en wat in die Cape Flats afspeel, met Dennis Cruywagen, joernalis, politieke kommentator en skrywer van Brothers in War and Peace en The Spiritual Mandela. (Afrikaans en Engels)

Archie Swanson (the shores of years) en Helen Moffett (Prunings) bespreek en lees vooruit hulle jongste werk. (Engels)

He had it coming

He had it coming is ’n versameling satiriese sketse deur Mike van Graan wat kommentaar lewer op kontemporêre Suid-Afrikaanse temas. Die revue word opgevoer deur Nancy Sekhokoane, onder spelleiding van Faniswa Yisa.

Sondag, 3 November

Saving our planet

Redigeerder, skrywer, digter, onderwyser en skolier, Helen Moffett, vertel aan  Karina M Szczurek hoe ons ’n water- en afval-wyse leefstyl kan handhaaf. Helen se twee boeke is 101 Water Wise Ways en Wise About Waste  (Engels)

Die dekonstruksie van Retta Blom

Zelda Bezuidenhout gesels oor haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom (“populêre fiksie met ‘n byt”), met Ingrid Wolfaardt, skrywer van Heartfruit.

Soekmekaar

Dana Snyman is in gesprek met Pieter Hugo oor sy nuwe boek, Soekmekaar, waarin hy besin oor enigiets van Donald Trump tot skoolreünies.

In my vel

Hierdie boek deur Azille Coetzee is sowel ‘n outobiografiese reisverslag as ‘n emosionele uitwys van verskille tussen Holland en Suid-Afrika, en sy gesels hieroor met Dennis Cruywagen, joernalis, politieke kommentator en skrywer van Brothers in War and Peace en The Spiritual Mandela.

Vir kostes, venues, tye en dies meer, besoek die Leesfees se webtuiste en klik op Program.

So ’n bietjie geskiedenis oor die fees

Die eerste Leesfees het deel gevorm van Prins Albert se 250ste verjaardagviering (November 2012), met die fokus op Karoo-skrywers en -digters. Die kompaktheid van ‘n fees waar gaste elke aanbieding kon bywoon, en hulle nooit van lokaal tot lokaal hoef te haas nie, was so gewild, dat die organiseerders sedertdien elke jaar ‘n Leesfees hou.

Afrikaans.com-Leesfees-prins-albert

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.