Olka Bolka – ’n gratis Afrikaanse E-tydskrif nou beskikbaar!

Olka Bolka is ‘n gratis aanlyn tydkskrif wat daarin sal poog om Afrikaanssprekende gemeenskappe oor landsgrense heen in te lig, te inspireer en die storie agter die storie te gaan haal. Met medewerkers in onder meer Kanada, Dubai, Australië en Nieu- Seeland, asook ‘n gedugte span vroue, van joernaliste tot skrywers, videograwe en fotograwe aan boord, beloof Olka Bolka om waarde toe te voeg tot ons medialandskap en wil die tydskrif op verskeie terreine van belangstelling verruim, inspireer en inlig. Veral die kunste kry hier ‘n plekkie in die son.

“Ons fokus is ook om  mense agter die skerms wat baie hard werk, maar min of geen blootstelling kry, se stories te vertel en hulle ook ‘n bietjie in die kollig te plaas.” – Miggie Krauspe, redakteur en dryfveer agter die projek.

Miggie het amper ‘n kwarteeu ervaring in mediabemarking, advertensie en joernalistiek en sy beskou Olka Bolka as ‘n verlengstuk van haar lewenslange passie vir Afrikaans en die tydskrifwêreld. Die kunste is haar ander groot liefde. “Die tydskrif gee ons span ‘n geleentheid om onsself op al hierdie vlakke uit te leef. Veral in Afrikaans!”

Besoek die webtuiste hier en teken in!