Groot Marico se klankreisigers

Met eerste oogopslag is Groot Marico klein. Eintlik net een straat met ‘n bordjie buite ‘n woesteny van ‘n tuin met kliptrappies na Santa van Bart se inligtingskantoor en die groot tafel op die stoep waar gefilosofeer word met varsgedrukte sap of tee. Oorkant die straat lê opgesaagde stukke boomstompe en staan ‘n trein in die son en bak. In die ingangsportaal van hierdie huis, gekruis met ‘n privaat biblioteek waar die mure en oorvol boekrakke vibreer op die afgrond van konvensionele tyd, staan ‘n borsbeeld van die legendariese skrywer Herman Charles Bosman (3 Februarie 1905 – 14 Oktober 1951) wat ‘n groot aandeel het in hierdie dorpie se mistiek.

’n Vinknes vol Afrikaans’ – Lichtenburg

Kuns is ‘n taal op sy eie, maar vir ‘n groep vroue wat al vir jare op ‘n plaas buite Lichtenburg bymekaarkom om te skilder, is selfs hul kreatiwiteit propvol Afrikaans. “Kuns kom uit jou sielsplek uit en dit is mos waar jou taal ook is,” verduidelik Sanet Jonker, skepper van hierdie kreatiewe saamkomplek.