fbpx

McGregor Gedigtefees: 23 – 25 Augustus 2019

Die McGregor Gedigtefees is hierdie jaar reeds sewe jaar oud. Dit is een van die mees gewilde literêre feeste in Afrika.

Die tema vanjaar is Die hart van die Maan.  Feesdirekteur Jennifer Johnson verduidelik: “In die vormingsjare van die fees het ons gewerk met Son-energie: die direkte fokus om visie in werklikheid te omskep. Noudat die Gedigtefees op soveel vlakke gerealiseer het, kan ons ook tyd maak om `n bietjie meer te droom en ook dieper te kyk. Die Maan as tema het daarom vir ons gepas gevoel.”

Die McGregor Gedigtefees gee dié wat bywoon die kans om na `n groot verskeidenheid digters se werke te luister, en ook mekaar se geselskap in `n gesellige atmosfeer te geniet. Daar sal ook oop mikrofoon-sessies wees en almal is welkom om ook hul poësie op hierdie spontane platforms voor te lees.

Alle wins word aangewend vir kreatiewe gemeenskapsprojekte in die McGregor-omgewing.

Die program

Vanjaar se program bied van ons land se mees bekende digters, sowel as nuwe jong dig-stemme aan. Kyk uit vir aanbiedinge deur: Joan Hambidge, Michelé Betty, Sally Ann Murray, Brian Walter; Malcolm Gooding, Quinne Brown; Douglas Reid Skinner, Christopher Culpo; John Maytham, Luna Paige; Willem Fransman Jr; Zane Dangor, Makhanda Senzagakhona; Kobus Moolman, Phillipa Namutebi, Toast Coetzer, Erns Grundling, Dan Wylie, Pieter Odendaal, Dominique Botha, Peter Fox, Thandi Sliepen, Lerato Sibanda, Hugh Hodge, Julia Kramer, Patricia Schonstein, Dorian Haarhoff, Marguerite Van der Merwe, Diana Ferrus, Andries Walter Olifant en vele meer.

Vir die volledige program, klik hier.

Gedigteskryfkompetisie 2019: Die wenners van vanjaar se gedigteskryf-kompetisie word op Vrydag 23 Augustus by die opening van die fees in die boeketent aangekondig.

Kaartjies by Computicket

www.poetryinmcgregor.co.za

Caritas by Temenos – een van die venues. (Foto: Dani`s Photos.)

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.