fbpx

Afrikaans.com word gereeld genader deur lesers wat  graag Afrikaanse stories luister. Sommige is gesiggestremd, andere het nie altyd toegang tot ’n biblioteek nie, of kan dit bloot nie bekostig om boeke te koop nie. Daar is ook diegene wat daarvan hou om in hul motor na stories te luister of sommer net met toe-oë na stories te luister.

Die volgende lys behoort te help, maar raadpleeg gerus ook die verskillende uitgewers se webblaaie:

NB Uitgewers se jongste lys Afrikaanse luisterboeke wat op www.audible.com beskikbaar is:  

’n Voorbeeld van so ’n luisterboek by NB Luisterboeke:

Uittreksel uit Rebecca deur Wilna Adriaanse, voorgelees deur Susanne Beyers:

Meer oor audible.com

Uitgewers soos onder andere NB Uitgewers en Tafelberg het al van hul beste verkopers as digitale luisterboeke beskikbaar gestel op www.audible.com – die boeke word deur die land se beste stemkunstenaars in Afrikaans voorgelees. Jy kan die boek op ’n iPod, iPad of slimfoon of rekenaar aflaai. Vir meer inligting, klik hier

Is jy ’n Netwerk24-intekenaar?

Sluit gerus aan teen R99 per maand. Daar is elke maand ’n nuwe luisterboek beskikbaar. Klik hier

Kyk ook hier:

Podsendings op RSG se webblad. Klik hier

Amazon Afrikaans audioboeke, bv. Kobra deur Deon Meyer. Klik hier

Audioboeke vir siggestremdes. Engels en Afrikaans – blaai deur die lys. Klik hier

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.