fbpx

6 Mei 2020
Geskryf in samewerking met Klerekas.com

Klerekas.com skep werk vir meer as 40 mense …

en hou talle ander veilig terwyl hulle dit doen!

Aangespoor deur die staat se aankondiging dat ‘n maskerstaat die nuwe normaal is, het Klerekas.com besluit dat gesig-wegsteek nie in skaamte hoef te geskied nie … Met die toevoeging van haute couture-gesigmaskers tot hul reeds wye reeks, het dié eenstop aanlyn klerewinkel ‘n ‘’gesigtoebehoor’’  vir elke styl, geleentheid, ouderdom en geslag.        

Wat egter selfs meer bewonderenswaardig is, is dat hierdie maskerprojek gedurende die uitdagende tyd vir 45 mense, van pakkers tot stiksters, werk geskep het en dat hierdie mense nou elke aand vir hulle gesinne kos op die tafel kan sit. Deur hierdie stylvolle moet-hê-mode-item deel te maak van jou klerekas, sal jy nie net die koppe laat draai nie, maar ook bydra tot iemand anders se inkomste en voortbestaan.

Alhoewel president Cyril Ramaphosa aangekondig het dat van die inperkingsmaatreëls eersdaags verslap gaan word om die Suid-Afrikaanse ekonomie weer stelselmatig aan die gang te kry, is ons lewens nog ver van terug na normaal … Boonop is maskers nou verpligtend! Die coronavirus bly steeds ’n bedreiging en gaan nog vir ’n hele ruk die gang van ons daaglikse bestaan bepaal. Daarom maak die belegging in een of meer materiaalmasker op die langtermyn sin.

Net soos wat jy juwele en skoene aanskaf om jou uitrusting te komplementeer, het jy ook nou die keuse om klere met allerlei gesigmaskers in verskillende kleure, patrone, temas en groottes op te kikker! Daar is meer as twintig verskillende ontwerpe in die gesogte Klerekas-reeks beskikbaar om van te kies. Elke masker bestaan uit drie lae materiaal (twee lae minimate en een filtreerlaag tussen-in) en kan in vuurwarm water gewas word. Verstelbare toutjies verseker dat die masker gemaklik om jou kop en ore pas. Dit kan selfs om die ore of agter die kop vasgehaak word.

 “Wie sou ‘n seisoen terug kon raai dat ’n gesigmasker so ’n gesogte modebykomstigheid sou word? Ten spyte van hierdie onseker en oorweldigende tye, bied Klerekas.com ’n stylvolle alternatief vir ’n vervelige ou masker en boonop voldoen dit aan al die veiligheidsvereistes soos deur die regering uiteengesit,” sê Rianca de Wet, besturende direkteur van Klerekas.com oor hulle besluit om maskers te begin vervaardig. “Wanneer ’n persoon met Covid-19 geen gesigmasker dra nie, en jy  ook nie, is die moontlikheid 70% dat die virus kan versprei, maar wanneer julle albei gesigmaskers dra, is die moontlikheid slegs 1.5%. Maak die wyse keuse en trap die kieme plat met jou stylvolly Klerekas.com-masker.”

Moenie dat die maskerstaat jou mode inperk nie!

Wees die kat se snor met Klerekas.com!

Die volledige versameling maskers kan hier besigtig word. Maskers kan aanlyn bestel word by www.klerekas.com en sal binne tien werksdae, enige plek in die land, op jou voorstoep afgelewer word. Kindermaskers sal jou R50 per masker uit die sak jaag, terwyl volwasse ontwerpe teen R60 een aangeskaf kan word.

Koop ‘n masker en gebruik die koeponkode AFRIKAANS om 5% afslag te ontvang!

KLEREKAS.COM is gebore toe die stigterspaar (Johan en Rianca) besluit het om stylvolle knopieshemde vir mans te ontwerp, omdat beide gevoel het dat daar ’n gaping in die mark was hiervoor. Ses hemde, nege dasse, twee broeke en ’n strikdas vir persoonlike gebruik later… het dié eksklusiewe reeks ontstaan. Die sukses van hierdie ‘idee’ het hulle stoutste verwagtinge oortref.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.